Bokjol 2024 - ’n Samekoms soos geen ander!

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 22 июл 2024
  • 𝐁𝐨𝐤𝐣𝐨𝐥 𝟐𝟎𝟐𝟒 - ’𝐧 𝐒𝐚𝐦𝐞𝐤𝐨𝐦𝐬 𝐬𝐨𝐨𝐬 𝐠𝐞𝐞𝐧 𝐚𝐧𝐝𝐞𝐫!
    Maak 𝐅𝐫𝐞𝐦𝐚𝐧𝐭𝐥𝐞, 𝐏𝐞𝐫𝐭𝐡 𝐨𝐩 𝐕𝐫𝐲𝐝𝐚𝐠 𝟏𝟔 𝐀𝐮𝐠𝐮𝐬𝐭𝐮𝐬 𝟐𝟎𝟐𝟒 Afrikaans! Sluit aan by al die ander Suid-Afrikaners by Freo. Social vir ’n fantastiese aand saam met die top- Afrikaanse kunstenaars Bobby Van Jaarsveld, Jo Black en Ricus Nel.
    Met die Springbokke wat op 17 Augustus teen die Wallabies in die Castle Lager Rugbykampioenskap-wedstryd in Perth speel, en die middelgewigkampioen, Dricus "Stillknocks" du Plessis se geveg teen Israel Adesanya as die hoofgeveg van UFC 305, gaan Perth verseker vol Suid-Afrikaners wees. Dit is dié plek om op Vrydagaand te wees. En wie weet? Daar is dalk net ’n verrassing of twee … Jy mag dalk net van jou ander sporthelde op dié aand raakloop.
    𝐖𝐚𝐧𝐧𝐞𝐞𝐫: Vrydag 16 Augustus 2024
    𝐖𝐚𝐚𝐫: Freo.Social in Fremantle, Perth
    Deure open vanaf 19:00 met lewendige vermaak vanaf 20:00.
    Kaartjies kos AU$90 per persoon.
    𝑲𝒐𝒐𝒑 𝒋𝒐𝒖 𝒌𝒂𝒂𝒓𝒕𝒋𝒊𝒆𝒔: moshtix.com.au....
    Die geleentheid word deur South African Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd aangebied.
    Koop jou kaartjies, want hierdie gaan beslis ’n hoogtepunt op jou kalender wees. Kom deel in die samekoms van musiek en kultuur, en word deel van ’n gemeenskap oor landsgrense heen.
    Maak gereed vir ’n onvergeetlike geleentheid by die Bokjol 2024!

Комментарии •