VREDENBURG. Ds Alex Gerber se begrafnis (Sondag 13 Desember 1987 om 3nm)

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 6 окт 2024
  • Opgelaai deur Inus Bester.
    Begrafnis van ds. Alex (Alexander Florus) Gerber op Sondag 13 Desember 1987, gebore op 3 September 1926.
    Ds. Gerber is in 1975 beroep na die NG Kerk Vredenburg (Moedergemeente) in die plek van ds. Jannie van der Merwe.
    Ds. Van der Merwe was saam met ds. Piet van Zyl die twee leraars van die NG Vredenburg-gemeente, maar ná die NG Gemeente Vredenburg-Akkerdyk op 25 September 1974 van Vredenburg-gemeente afgestig het, is ds. Van der Merwe na Akkerdyk beroep.
    Ds. Gerber is op Dinsdag 8 Desember 1987 aan ‘n hartaanval dood terwyl hy en sy gesin met verlof in die Kaap was. Hy is op Sondag 13 Desember 1987 om 3nm vanuit die NG Kerk Vredenburg (Moedergemeente) begrawe in die dorp se begraafplaas wat uitloop uit Dorpstraat.
    Ondergemelde berig het op Saterdag 12 Desember 1987 onder die opskrif “Dogter uit VSA na begrafnis” in Die Burger verskyn:
    “Dogter uit VSA na begrafnis
    Deur Ons Kerksake-verslaggewer. DIE begrafnis van ds. Alex Gerber van Vredenburg wat Dinsdagaand skielik aan 'n hartaanval oorlede is, sal onder andere bygewoon word deur sy aangenome dogter, mev. Sophia Hanekom, wat in New York woon. Die begrafnis is môre om 3 nm. in die Moederkerk op Vredenburg. Ds. Gerber en sy vrou, Freda, het benewens twee seuns, Pierre-Jeanne en Mandrich, twee aangenome dogters. Mev. Barbara Gericke is die ander dogter.”
    Interessante feit:
    Ds. Alex en mev. Freda Gerber se oudste seun Pierre-Jeanne het in 1979 aan die Hoërskool Vredenburg matrikuleer en later die politiek betree, en was vanaf 1999 tot 2009 ‘n parlementslid vir die African National Congress (ANC) onder president Thabo Mbeki.
    Video goedgunstiglik verskaf deur Chatillon Burger.

Комментарии • 1