𝐎𝐮𝐦𝐚 𝐒𝐮𝐬𝐚𝐧 | 𝐃𝐢𝐞 𝐖𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫𝐰𝐞𝐫𝐤 𝐰𝐚𝐭 𝐧𝐚 𝟏𝟐 𝐊𝐢𝐧𝐝𝐞𝐫𝐬 𝐊𝐲𝐤 | 𝟏𝟐 𝐉𝐮𝐧𝐢𝐞 𝟐𝟎𝟐𝟒

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 13 июн 2024
  • Susan Bezuidenhout (64) is nie 'n gewone ouma nie. Sy is 'n ouma wat na twaalf kinders kyk, waarvan vier haar eie kleinkinders is. Lizelle Lotter, wat die epos aan GROOTfm 90.5 gerig het, sê sy was verras toe sy die kinders ontmoet het, en sien hoe netjies hulle versorg is en hoe goed gemanierd hulle is. Die kinders gesels gemaklik, het goeie selfwaarde en vorder almal goed op skool. Susan se man, Danie, word tans weekliks behandel vir velkanker by Steve Biko hospitaal - so tussendeur die 12 kinders wat heen-en-weer vervoer word vir skoolaktiwiteite - dit alles in ‘n baie klein kar. Ouma Susan se eerste man is in 2009 oorlede. Met die vraag oor wat Ouma Susan en Oupa Danie se grootste uitdaging is, is dit oor hulle trokkie wat gesteel is. Dis met hierdie trokkie wat hulle vuilgoed vir mense weggery het en dit was hulle inkomste die laaste jaar wat hulle gebruik het om die kinders te versorg en die kar af te betaal. Met die dat die trokkie gesteel is het hullle hul inkomste verloor, en kan hulle moontlik hulle kar ook verloor.
    Ouma Susan het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
    #gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
  • РазвлеченияРазвлечения

Комментарии •