Forum Nuus: Teatergangers in vervoering tydens Orkney snork nie-reünie

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 14 окт 2024
  • Byna drie dekades nadat Orkney snork nie duisende Afrikaanse huishoudings vasgenael voor die televisie gehad het, vind mense steeds aanklank by dié vermaaklike sitkom. Teatergangers was onlangs in vervoering tydens ’n reünie van die akteurs wat AfriForumTV by die AfriForum Teater in Pretoria aangebied het. Dit het duidelik baie herinneringe by hulle wakker gemaak en ná afloop van die gesprek het hulle oor hul voete geval om hul gunstelingkarakters te ontmoet en selfies saam met hulle te neem. Willie Esterhuizen, skepper van die reeks, meen mense vind steeds aanklank by die reeks omdat dit “die storie van goeie, doodgewone mense is”. Mense kan identifiseer met die wel en weë van ’n Yolanda (Sally Campher), Ouboet (Frank Opperman), Hendrik (wyle Zach du Plessis) en Maggie (Annette Engelbrecht), ’n gewone gesin van Orkney. As na die immer gewildheid van dié komedie gekyk word, is dit eintlik ironies dat dit 11 jaar geneem het vandat Esterhuizen die eerste episode geskryf het totdat die reeks deur die SAUK uitgesaai is. Die opname van die reünie sal in Oktober op AfriForumTV uitgesaai word. Die publiek kan ook uitsien na die episodes van Orkney snork nie wat op die platform beskikbaar sal wees.

Комментарии • 28

  • @marizaanvisagie9537
    @marizaanvisagie9537 Год назад +5

    Beste show forever

  • @inesbenade2364
    @inesbenade2364 4 месяца назад

    Kyk dit vandag nog op youtube. nog steeds n groot hit.

  • @chrystalpriscillaelizabeth4221
    @chrystalpriscillaelizabeth4221 Год назад +3

    Jitte,Na soveel jare,het hulle Groot men's geword, geluk 👏👍🙏💕

  • @ranaweigang2119
    @ranaweigang2119 2 года назад +4

    Dankie Afriforum

  • @thomasbisschoff7136
    @thomasbisschoff7136 2 года назад +5

    Mooi herinneringe! Dankie julle.

  • @neiljosephbennett9119
    @neiljosephbennett9119 2 года назад +6

    You are all national treasures!!!

  • @Helgardt6189
    @Helgardt6189 2 года назад +13

    Onthou nog Wimpie se liedjie wat hy op sy kitaar gespeel het.”Mandy Mandy,you make me randy”🤣🤣

    • @squirtstvandnurseryrhymes
      @squirtstvandnurseryrhymes 2 года назад

      Daai liedjie is in die eerste movie gespeel. Jy kan dit hier op RUclips kyk. Al die episodes en albei movies is beskikbaar.

  • @Nunu-_985
    @Nunu-_985 2 года назад +9

    Awesome to see unity and embrace of a culture and language!
    Don't give into the world's chaos and hatred. Keep moving forward.

  • @williambenade5270
    @williambenade5270 2 года назад +6

    Beste van die Beste en baie geniet om Orkney snork nie te gekyk het .Net van die beste .

  • @boerplaas388
    @boerplaas388 2 года назад +3

    Gereeld gekyk .

  • @Jay-Leigh863
    @Jay-Leigh863 2 года назад +5

    Dit was nou lekker om te kyk. Mis vir Hendrik(RIV) en Maggie en waar was Spike?

  • @FilmmakerSpace
    @FilmmakerSpace Год назад +1

    🎉wow 👌

  • @matthysvandenberg1082
    @matthysvandenberg1082 2 года назад +2

    Lekker Wimpy !!!

  • @enzioreggiori3877
    @enzioreggiori3877 2 года назад +6

    My childhood

  • @pieterlouw3718
    @pieterlouw3718 2 года назад +5

    Wanneer Kom die nuwe episodes

  • @lillianvandenberg3698
    @lillianvandenberg3698 Год назад +1

    L
    Orkney snork nie was deel van ons en vir iemand wat self in die Wes Transvaal in Klerksdorp gebly en skool gegaan het, soveel te meer. Ek kyk dit steeds op RUclips en lag myself steeds slap!

  • @gemi1164
    @gemi1164 2 года назад +2

    Hoe en waar is die episodes wat jy kan kyk van Afriforum

  • @dynamicloco2186
    @dynamicloco2186 2 года назад +5

    Ek het nou ingeskryf by die Afriforum Tv maar nicks Orkney snork nie….Wanneer is die volle reunie beskikbaar?

  • @Tiaanvanniekerk
    @Tiaanvanniekerk 2 года назад +2

    Waar was Pierre van Pletzen (Spike)? Niks oor hom gesê of na hom verwys nie?

  • @hardussteenkamp1009
    @hardussteenkamp1009 Год назад +2

    Waar is Oubaas?

  • @gracenoarises4758
    @gracenoarises4758 2 года назад +6

    Lief hulle die groep

  • @antonlvdm
    @antonlvdm 2 года назад +2

    Nooit geweet Worsie het Orkney gemaak nie...

  • @hunterfalck235
    @hunterfalck235 5 месяцев назад

    where is neelsie

  • @matthysvandenberg1082
    @matthysvandenberg1082 2 года назад +2

    Spuitpoep 1

  • @matthysvandenberg1082
    @matthysvandenberg1082 2 года назад +2

    Spuitpoep in paradys park

  • @JacoOosthuyzen-k6m
    @JacoOosthuyzen-k6m 9 месяцев назад

    Jooc