𝐀𝐧𝐠𝐞𝐥𝐢𝐪𝐮𝐞 𝐬𝐞 𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞: 𝐕𝐚𝐧 𝐚𝐬𝐡𝐨𝐨𝐩 𝐭𝐨𝐭 𝐬𝐭𝐨𝐫𝐢𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐇𝐎𝐎𝐏! | 𝐉𝐨𝐮 𝐌𝐞𝐧𝐬𝐞 𝐌𝐲 𝐌𝐞𝐧𝐬𝐞 𝟖 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟒

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 20 май 2024
  • Angelique se biologiese pa is op ‘n baie vroeë ouderdom oorlede. Met die dat sy aan ‘n nuwe huisgesin bekendgestel is, was sy van jongs af ‘n slagoffer van seksuele molestering - deur mense by wie sy veronderstel was om by veilig te voel. Vir ‘n wyle het sy by haar tannie gaan woon, maar, nadat dit nie uitgewerk het nie, het sy teruggekeer huis toe. Die molestering het voortgegaan en sy het by ‘n ander tannie gaan bly. Die tannie en haar vriendin het baie van haar vorming gedoen. Hulle het nie verblyf gehad nie en het toe gaan plak in ‘n afgebrande huis. Daar het Angelique op ‘n ashoop goedere opgetel en herwin. Sy het kuns-goedjies gemaak wat hulle verkoop het by die Ark en van die inkomste geleef. Hulle het in daardie tyd die afgebrande huis stuk-stuk herbou en alles gebruik wat hulle op die ashoop opgetel het. In haar vroeë tienerjare het sy weer probeer om by haar ouers te bly, en, sy het agtergekom dat as sy ‘n kêrel het, die familie wat haar molesteer haas sal uitlos. Sy het op 17 weer swanger geword, met ‘n pragtige dogtertjie, wat met ‘n siektetoestand gebore is. Ten spyte hiervan het sy nie skool gelos nie.
    Angelique se pad het gekruis met twee mense wat in haar belê het, Chris en Des Sealie (Kairos). Chris Sealie het vir haar ‘n beurs gereël om onderwys te studeer, en, binne 4 jaar het sy haar graad in Grondslagonderwys behaal (Maart 2024). Angelique is tans ‘n onderwyser by Genl. Nicholaas Smith. Sy is ook intussen getroud, met drie pragtige kinders. Lizelle Lotter, wat Angelique se verhaal met ons gedeel het, vertel dat sy met een van die kinders in haar klas gewerk het. Die seuntjie vertel dat sy grootste wens is dat sy Juffrou hom kan groot maak. Hy beleef meer liefde by haar as in sy ouerhuis. Hy sê “Tannie, Juffrou Angelique sal mooi na my kyk. Sy sal my nie vloek of seermaak nie. Sy sal my oppas. Sy is lief vir my. Dink Tannie sy sal na my kyk?” Angelique hou nie vas aan die seer nie. Sy vergewe en droom om vir haar kinders ‘n goeie lewe te gee. Sy het soveel passie vir kinders en onderwys.
    #LOSITBETER #GROOTverskil #Omgee #care #givingback
  • РазвлеченияРазвлечения

Комментарии •