19 September 2024 | Vox Weervoorspelling

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 19 сен 2024
  • 🌧️'N KOUE FRONT beweeg oor die land met 'n aanlandige vloei van YSKOUE lug agter die front wat temperature aansienlik oor die Kaapprovinsies sal laat daal
    ⚠️ IMPAKGEBASEERDE WAARSKUWINGS uitgereik deur SA Weerdiens⚠️
    🟠Oranje Vlak 6 Waarskuwing: Ontwrigtende sneeu wat lei tot ontwrigting van dienste en die tydelike afsny van gemeenskappe word verwag oor die noordoostelike hoëgrond van die Oos-Kaap.
    🟡Geel Vlak 2 Waarskuwing: Wind en golwe wat lei tot probleme met navigasie op see en plaaslike ontwrigting van hawens word verwag tussen Saldanhabaai en Maputo
    🟡Geel Vlak 2 Waarskuwing: Ontwrigtende reën wat lei tot plaaslike oorstromings van vatbare nedersettings en paaie word oor die Tuinroete van die Wes-Kaap verwag.
    🟡Geel Vlak 2 Waarskuwing: Ontwrigtende sneeu wat lei tot ysige paaie en die sluiting van sommige bergpasse vir 'n kort tydperk word verwag oor die noordelike en sentrale hoogvlakte van die Oos-Kaap.
    🟡 Geel Vlak 1 Waarskuwing: Wind wat lei tot probleme met navigasie op see word verwag tussen Saldanhabaai en Alexanderbaai
    🔥BRANDGEVAAR WAARSKUWINGS: 🔥
    Uiters hoë brandgevaartoestande word oor die noordwestelike en noordoostelike dele van die Noordwes-provinsie verwag.
    🥵 🥶ADVIES🥵 🥶:
    Uiters warm toestande word oor die noordoostelike dele van Limpopo verwag.
    ’n Afsnylaagdrukstelsel sal na verwagting die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, dele van die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng van Vrydag tot Saterdag (20 en 21 September 2024) raak. Die publiek en kleinveeboere word van die volgende ingelig:
    • Baie koue toestande (maksimum temperature onder 10C) word vanaf Vrydag tot Saterdag oor die binneland van die Oos-Kaap, die binneland van KwaZulu-Natal, die suidelike en oostelike dele van die Vrystaat, en die Hoëveld en platorand van Mpumalanga verwag terwyl dit versprei word na Gauten teen Saterdag
    • Swaarsneeuneurslae word oor die suidelike en oostelike hoogvlakte van die Vrystaat verwag, insluitend die Lesotho-grens, die oostelike en noordelike hoogvlakte van die Oos-Kaap, die westelike en suidelike hoogvlakte van KwaZulu-Natal en die suidelike Hoëveld en platorand van Mpumalanga van Vrydag tot Saterdagoggend
    #Voxweather #afsnylaag #kouefront #sneeu

Комментарии • 10

  • @Phantom777D
    @Phantom777D День назад +2

    Baie dankie vir julle puik weervoorspellings! Waardeer elkeen van julle wat so getrou voor en agter die skerms werk. Mag dit goed gaan met julle!

  • @fransbotha4641
    @fransbotha4641 День назад

    Dankie vir die weervoorspelling

  • @neelspotgieter6835
    @neelspotgieter6835 День назад

    Baie dankie Michelle vir puik aanbieding. Seenwense vir julle ❤❤

  • @magdalenenorman6243
    @magdalenenorman6243 День назад

    Vox thanks for the weather forecast

  • @tjoeriebotha7029
    @tjoeriebotha7029 День назад

    Baie dankie vir die stukkies "Buurland"! Julle is Spot-on elke keer!! Mooi aand verder vir Julle!!

  • @dotbotha5898
    @dotbotha5898 День назад

    Dankie Michelle waardeer dit

  • @stephangriessel3550
    @stephangriessel3550 День назад

    Baie dankie👌🏻!

  • @NicoKirsten
    @NicoKirsten День назад +2

    Kan julle die solar voorspelling in die Afrikaanse video ook gee?

  • @ferdinandmacalister2829
    @ferdinandmacalister2829 20 часов назад

    Robinson Frank Rodriguez Jessica Taylor Larry