Mienke se ouers is vol geloof

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 14 сен 2017
  • “Die Here gaan haar vir ons genees,” sê Verna Muller oor haar sewe maande oue
    dogtertjie, Mienke.
    “Jy moet dít glo . . . Gebede het krag. As so baie mense bid, het God geen ander keuse
    as om te luister nie,” sê Verna.
    Verna (26), wat in Mei saam met haar man, Ryno (30), en drie kinders, Leané (3), Zamoné
    (19 maande) en Mienke (sewe maande) van Benoni aan die Oos-Rand na Mbombela
    (Nelspruit) in Mpumalanga verhuis het, is nou elke dag langs Mienke se bed in die
    waakeenheid van die Waterfall City-hospitaal in Midrand, Johannesburg.
    Mienke se ouers het Donderdag gehoor sy het breinskade opgedoen nadat sy sowat
    twee weke gelede by ’n dagsorgsentrum in Mbombela aan melk verstik het. Sy sal
    volgens dokters permanent gestrem wees en waarskynlik nooit kan loop, praat of sien
    nie.
    “Ons glo dit nie. Ons wil dit nie glo nie. Donderdag, Vrydag en Saterdag was ons harte in
    stukke gebreek. Ons is nou oukei. My man is baie meer positief as ek. Ons fokus nou net
    om haar gesond te kry.”
    Sy sê Mienke is nou weer soos ’n pasgebore baba ná die ongeluk.

Комментарии •