Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 23 июн 2024
  • AfriForum het vandag ’n waterberaad in Centurion gehou waartydens die land se waterkrisis bespreek is. Verskeie kenners, waaronder afgevaardigdes van die Departement van Water en Sanitasie, het hul kennis en oplossings vir dié krisis gedeel. AfriForum het ook verduidelik presies hoe die organisasie beplan om watersekerheid oor die land heen te verseker. Uit die beraad het dit duidelik geword dat samewerking tussen die openbare en privaat sektor al manier is hoe daar verseker kan word dat alle Suid-Afrikaners nou en in die toekoms toegang tot skoon water het. "Running Dry - A Nation on the Brink", AfriForum se nuutste dokumentêr, is by die beraad bekendgestel en beklemtoon hoe dringend oplossings vir die land se waterkrisis gevind moet word.

Комментарии • 4

  • @salomemalherbe677
    @salomemalherbe677 27 дней назад

    Baie dankie!!! Jul professionele benadering word regtig waardeer.... sowel as jul omgee. ONS WAARDEER 🙏❤️

  • @georgemcdonald649
    @georgemcdonald649 28 дней назад +2

    Dis tyd dat hierdie stads en dorp bestuurders in hulle privaat hoedanigheid aangekla moet word vir versuim om pligte na te kom!!!

  • @schalkvandermerwe3838
    @schalkvandermerwe3838 28 дней назад

    Weet nie hoe ons ooit ons riviere gaan skoon kry ten sy daar dalk kunsmatige vleilande geskep kan word om te werk as filtrering nie... of plastiek moet eenvoudig verbrand word vir kragopwekking.

  • @hendrikvanniekerk7549
    @hendrikvanniekerk7549 28 дней назад +2

    Hoe bestuur jy #ANC kaders? Hie forseer jy dat mense hulle werk doen? Ons moet begin reguit praat en 'n graaf' n graaf noem. Ja dit is nie aangenaam nie mans moet maar hul mans staan.