GROOT Kombuis | Suzanne Crozier maak 'Ma Se melktert' | 4 Julie 2024

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 7 июл 2024
  • In die GROOT Kombuis maak Suzanne Crozier 'Ma Se melktert' op Die GROOT Ontbyt, 4 Julie 2024.
    As jy 'n handgeskrewe-resep het om met ons te deel wat Suzanne in die GROOTkombuis kan maak, stuur dit ASB na info@grootfm.co.za
    Ma Se melktert
    Melktert Kors
    280g meel
    10 g bakpoeier
    1g sout
    1 eier
    90g margarine/botter
    100g strooisuiker
    Room botter en strooisuiker totdat al die suiker mooi opgelos en mengsel lig is. Sif alle droe bestanddele saam en voeg by, meng. Druk in foil pannetjies en bak in oond by 180 grade tot gaar en ligbruin. Daar moet 5 korse uit die resep kom. Anders is kors te dik gedruk.
    Vulsel
    2 liter melk
    250 g suiker
    100 g margarine/ botter
    80 g maizena
    60 g meel
    2 ml sout
    4 eiers
    10 ml vanilla geursel
    Kook melk en botter saam. Klits eiers en suiker goed saam. Moet lig van kleur wees. Voeg nou die sout, meel en maizena mengsel wat jy saam gesif het by die eier mengsel. Gooi bietjie van die warm melk by die mengsel en roer mooi en vinnig deur. Voeg nou mengsel by die warm melk en botter mengsel.
    Kook tot gaar oor medium hitte, moet nie laat aanbrand nie. Gooi in gaar korse en strooi kanerl bo oor.
    Koel af by kamer temp en sit dan in yskas om mooi te stol.
    #Milktart
    #desert
    #DieGROOTOntbyt
  • РазвлеченияРазвлечения

Комментарии • 2