Kombuis | Tanya de Vente-Bijker | Gebakte aartappelgereg | 13 Augustus 2021

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 15 окт 2024
  • Gebakte aartappelgereg.
    Sny 1 groot aartappel per persoon in dun skywe.
    Sny ½ groot ui fyn
    Sny ¼ soetrissie fyn
    Sny 2 of 3 sampioene fyn
    1 pakkie versnipperde spek (opsioneel)
    500ml room
    Rasper knoffel na smaak
    Masala kruie
    Garlic & Herb kruie & 'n klein bietjie neutmuskaat.
    Braai die uie in olyfolie. Geur met Masala.
    Voeg die soetrissie, spek en knoffel by.
    Braai saam. Voeg die opgesnyde sampioen by. Geur met kruie.
    Voeg die room by en prut saam tot die sous dik raak.
    Pak ½ van die aartappels in die oondbak. Giet meeste van die spek en uie oor met bietjie sous. Pak die ander ½ van aartappels in bak en giet die res van die spek en roomsous oor.
    Bak vir 30 min. Haal uit en bedek met gerasperde mozzarella of cheddar kaas.
    Bak nog 10 tot 15 minute.
  • РазвлеченияРазвлечения

Комментарии •