𝐄𝐫𝐧𝐞𝐬𝐭𝐮𝐬 𝐞𝐧 𝐑𝐞𝐧𝐞 𝐏𝐫𝐞𝐭𝐨𝐫𝐢𝐮𝐬 | 𝐉𝐨𝐮 𝐌𝐞𝐧𝐬𝐞 𝐌𝐲 𝐌𝐞𝐧𝐬𝐞 𝟐𝟐 𝐌𝐞𝐢 𝟐𝟎𝟐𝟒

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 23 май 2024
  • GROOTfm 90.5 het die voorreg gehad om in 2022 die Pretorius-gesin te ontmoet - minder as ‘n jaar vandat die 48-jarige Ernestus met motorneuronsiekte gediagnoseer is. Nadat ‘n vriendin, Jolandie Engelbrecht aan ons ‘n hulpkreet gerig het, het GROOTfm 90.5 gaan kuier en gehelp met ‘n asemskep in die vorm van huis-huur, ‘n elektrisiteitskoepon en ‘n kruideniersware-geskenkbewys. Ernestus, wat afgelê is as gevolg van motoriese beperkings, se wens was dat iemand hom ‘n geleentheid sou gee om geisoleerd te werk, omdat daar niks fout is met sy brein nie. Inteendeel, beskik Ernestus oor ‘n gawe vir IT-geassosieerde werk. Drie jaar later, is die gesin nou meer as ooit in nood gedompel. Met Ernestus se gesondheid wat aansienlik versleg het. Rene is die enigste broodwinner, al vir ‘n wyle, en vriendin Jolandie het weer uitgereik om te vra vir hulp, verligting, en net ‘n bietjie erkenning vir dit waardeur die gesin gaan. Ernestus is totaal afhanklik van Rene se sorg en bystand, en probeer sy ‘n huishouding geheg hou. GROOTfm 90.5 se Doepie en Nina het via Zoom by hulle ingeloer…
    #JMMM #JouMenseMyMense #givingback #care #community
  • РазвлеченияРазвлечения

Комментарии •