GROOT-Kombuis | Geraldine Barkhuizen maak 'pap-balle' | 19 Julie 2024

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 15 окт 2024
  • Ons is in die GROOT-Kombuis saam met Geraldine Barkhuizen maak 'pap-balle' op Die GROOT Ontbyt, 19 Julie 2024
    Pap:
    5-6 Koppies water
    7ml Sout
    3 Koppies mieliemeel
    Kook helfde van die water in n pot. Gooi sout by.
    Meng die meel met oorblywende koue water, gooi dan meel mengsel by kook water.
    Roer aanhoudend, tot dit weer kook.
    Kook die pap vir so 10-15min tot gaar.
    Haal van die plaat af en laat dit effens afkoel.
    Idees om by pap te meng:
    Sweetcorn, Spek, Kaas, Knoffel, Kondensmelk, Kruie, Mushrooms
    Roer by pap, en rol jou pap in balletjies (golfballetjie grootte)
    Om die lagie buite te kry benodig jy:
    Meel, Eiers (geklits) en Broodkrummels in aparte bakkies.
    Druk jou pap bal in die meel, dan in die eier en dan in die broodkrummels. Hierdie stap kan jy een of twee keer doen.
    Diepbraai jou balle in olie tot mooi bruin.
    Tamatie sous:
    Braai uie en gooi tamaties by.
    Gooi sout, peper, knoffel en kruie by na smaak.
    Balsamic vinegar na smaak (±2 eetlepels)
    Bruin suiker na smaak. (±2 eetlepels)
    Bedien saam met pap balle.
    #DieGROOTOntbyt
    #Pap
    #papballe

Комментарии • 4

  • @louisevisser3544
    @louisevisser3544 2 месяца назад

    Te veel pratery van meneer!!! Balle lyk heerlik, dankie gaan beslis maak😅

  • @ArgillaPotteryOfficial
    @ArgillaPotteryOfficial 2 месяца назад +2

    Ah dit lyk heerlik!!! Kyk nou net hoe veelsydig word die Argilla Large Oval Roaster ingespan - mengbak!!!

    • @Afriqueleblanq
      @Afriqueleblanq 2 месяца назад

      Een keer het ek my vrou verras met 12x elk van Argilla. Sy kon daarna vir drie dae letterlik nie praat nie. Terselfdertyd nuwe omkapmasjien en nuwe naaimasjien.