Kersdiens 2024 - Mattheus
HTML-код
- Опубликовано: 24 янв 2025
- Kersdiens: Matt 1:18-25.
Waarom kan Christus alleen aanbidding eis.
Ons leef in uitdagende tye.
Die pendalum het geswaai. Waar dié tyd oor Christus moet gaan, het die wêreld dit heeltemal kom verander.
Die Heilige en Stille nag....het vernader na 'n Karnaval en Partytjie atmosfeer.
Geskenkies is nie verkeerd nie, maar ons moet net verseker wees dat dit nie vir ons is, waaroor Kersfees gaan nie. Moenie die ster van Bethlehem verruil vir die blink liggies van die wêreld nie. Engele is verruil met vlieënde takbokke met rooi neuse. Christus as Redder word verruil met Kersvader en synsak vol geskenke. Goedkoop speelgoed vir die Een ware Geskenk- Christus.
Dink daaraan - Ons herdenk die Menswording van God.
1) Hierdie Seun was niemand anders as Seun Van God - Ja, God wat mens kom word het.
Vers 23
LUKAS 1:31-32 AFR53
[31] En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. [32] Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid
Joh 10:30
JOHANNES 14:
[9] Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
HEBREËRS 1:
[1] NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun [2] wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. [3] Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, tot vers 13 - en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
KOLOSSENSE 1:
[15] Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
Die "Eikon": die ewebeeld, portret en beeltenis van God.
Die kind in die stal was niemand anders as God wat mens geword het nie.
MARKUS 4:
[37] En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. [38] Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie? [39] En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom. [40] Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie? [41] En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!
JOHANNES 20:
[28] En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!
2) Christus is die Enigste Redder wat na die aarde gestuur is.
V21
LUKAS 2:
[10] En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, [11] dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
Van Ewigheid af het God dit beskik.
LUKAS 19:10
[10] Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
HANDELINGE 4:12 AFR53
[12] En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
GALÁSIËRS 4:
[4] Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,
GALÁSIËRS 4:5
[5] om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan God.
I TIMÓTHEÜS 2:5-6
[5] Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, [6] wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
JOHANNES 14:6
[6] Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
3) Hy is die Enigste Koning wat weer sal kom.
V 32 - 33
JESAJA 9:5
[5] Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors -
OPENBARING 11:15
[15] EN die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Open 20:21. Wat 'n vooruitsig is kind van God.
4) Hy is die Enigste Regter wat binnekort sal oordeel.
HANDELINGE 10:36-38
HANDELINGE 10:39 - 43
HANDELINGE 17:30-31
Die vraag vanoggend is:
Het u al die knie gebuig en bely dat Hy God en Redder is?
JOB 22:21
ROMEINE 14:11