Getrou tot die dood - 1 Sam 3:1-21 - DS Gerhard Beukes
HTML-код
- Опубликовано: 9 янв 2025
- T.V.O
I SAMUEL 3:
[20] En die hele Israel van Dan tot Berséba het erken dat Samuel betroubaar was as 'n profeet van die Here.
Illustasies in die Woord van mense wat goed begin het maar swak geëindig het.
Isak- Gen 24:63,25:28
Koning Hiskia - 2 Kon. 20:6,19, Open 2:4
I believe it is before every Christian to serve God with all His heart; or fall into sin. (C.H Spurgeon)
1) Samuel se oor was oop om God te hoor praat.
V8-11
God het gepraat met Sy knegte en profete.
JESAJA 30:
[20] Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie - maar jou oë sal jou leraars sien; [21] en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
Vandag het ons God se Woord. Dis waar God met ons praat.
II PETRUS 1:
[20] terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; [21] want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
JOHANNES 14:
[26] maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
II PETRUS 1:
[19] En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;
II TIMÓTHEÜS 3:
[16] Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, [17] sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Don't be lazy.
Read God's word.
DEUTERONÓMIUM 31:
[12] Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die Here julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.
Ons gemeente het nie kinderkerk en aparte Jeugdienste nie, omdat hulle welkom is in die diens. Omdat hulle moet leer saam net die oueres uit God se Woord.
Ons moenie hul intelligensie onderskat nie.
2) Samuel se wil was aan die Here oorgegee om te doen wat Hy vra.
Vers 15-18
MATTHÉÜS 10:
[28] En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Ons is gered en geroep om asnstoot te gee deur die Evangelie.
MATTHÉÜS 10:
[34] Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. [35] Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder. [36] En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees. [37] Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. [38] En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
GALÁSIËRS 1:
[9] Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees! [10] Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.
II TIMÓTHEÜS 4:
[2] verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
3) Samuel se hart was nederig voor die Here en sy oudstes.
V15-17
Ons is begenadigdes.
Met 'n onwankelbare gesindheid en met sagmoedigheid moet ons met ander wandel.
KOLOSSENSE 3:
[12] Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
II KORINTHIËRS 5:
[10] Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. [11] OMDAT ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.
4) Samuel se God welgevallige wandel was vir almal sigbaar.
Vers 20-21
Hy was getrou tot die dood toe en almal het dit geweet. God is verheerlik in Sy lewe.
MATTHÉÜS 5:13-16
Almal sal weet as die Here jou gered het. Hy het nie geheime agente nie.
I PETRUS 2:9-10
I KORINTHIËRS 11:1
MATTHÉÜS 25:23
II JOHANNES 1:8