BYBELVASVRAE 05 (Handelinge) - TOETS JOU BYBELKENNIS - 10 Bybel Vrae

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 29 авг 2024
  • #biblequiz #bibletrivia #biblestudy #quiz #Bybelvasvrae #Bybelkennis
    Hoe goed ken jy jou Bybel? Vandag se Bybelvasvrae handel oor die boek Handelinge in die Nuwe Testament. Toets jou Bybelkennis in hierdie Bybelvasvrae en kyk of jy volpunte kan kry. Daar is 10 multiple-choice vrae met vier keuses vir elke vraag waarvan net een korrek is. Jy kry 10 sekondes om elke vraag te beantwoord. So, kyk hoe vaar jy en onthou om my in die opmerkings vir my te laat weet hoeveel jy uit 10 gekry het. Sterkte.
    Indien jy my bediening wil ondersteun, gaan na: www.obed.co.za/...
    of sluit aan as 'n "MEMBER" van die kanaal.
    Ek is volledig van donasies afhanklik vir my werk.
    Indien jy 'n gebedsversoek het, laat dit asseblief vir my in die opmerkings hieronder.
    Ek hoop hierdie video is vir jou tot seën. SUBSCRIBE gerus tot my kanaal en SHARE asseblief ook die video met jou vriende en familie.
    My missie is om deur middel van drama die Evangelie soos 'n aangename geur te versprei, en so God se roeping op my lewe om stories te vertel wat Hom laat glimlag, uit te leef.

Комментарии • 15

  • @mariusbothma-ir7xx
    @mariusbothma-ir7xx Месяц назад +1

    Nie so goed gedoen nie maar dit help my om meer van onse Vader te leerA❤men

    • @daniematthee
      @daniematthee  Месяц назад

      Dankie Marius, dit was 'n moeilike vasvra. Hoop jy kon iets leer.

  • @annatjieblignaut2433
    @annatjieblignaut2433 Месяц назад +1

    More Danie Baie dankie vir die vasvrae....maar ek voel skaam...ek het maar 4 uit 10
    Was nogals vir my moeilik gewees...maar Baie lekker om deel te neem, so leer ek ook Baie...

    • @daniematthee
      @daniematthee  Месяц назад +1

      Lyk my ek het een bietjie moeilik gemaak, maar ek is bly as jy iets kon leer.

  • @luciabrown8106
    @luciabrown8106 Месяц назад +1

    Dit was baie interesant Ds Danie, maar ook baie moeilik. Dit wys net hoedat ek nie die bybel ken nie. My telling 5/10😅

    • @daniematthee
      @daniematthee  Месяц назад

      Ek het die een 'n bietjie moeilik gemaak lyk dit my.

  • @donovanarndt4606
    @donovanarndt4606 Месяц назад +1

    tegniese vrae sal waardeer word.

    • @daniematthee
      @daniematthee  Месяц назад

      Dankie vir jou terugvoer. Ek is nie seker wat jy met tegniese vrae bedoel nie, dalk kan jy vir my 'n voorbeeld gee.

    • @donovanarndt4606
      @donovanarndt4606 Месяц назад

      @@daniematthee lol, dankie. Baie goed. My vraag aan U.... Deur kerk geskiedenis was mense geleer dat Jesaja 14 en Eseg 28 van satan praat en sy hemelse wese voor sy val.... Hierdie is net vir interessantheid. In Openbaring word al satan se name genoem, " die ou slang, die draak die duiwel en satan." Nerens seun van God, gerub of enige ander naam nie. As ons oor die morester lees ( lucifer in die KJV) (jesaja 14) en ons hou dit in konteks sien ons duidelik dit is n mens wat n koning was of sal wees van babilon. In Eseg 28 is dit dieselfde tipe oordeels voorspelling, maar net oor TIRUS en die handelstad se koning... As mens die bree konteks lees is dit Oordele oor Israel en hulle bure en ander wat direkte verbintenisse met Israel gehad het. Maar veral die direkte bure van Israel. Daardie Stad-state en koningryke van daardie tyd het hulself as gerubs uitgebeeld soos Bv in assyria en babilonie en persie. As mens daardie tekste lees in konteks en uit n Oosterse perspektief- NIE WESTERS NIE, dan sien ons dat in Jesaja 14 dit n bespotting is van die dwaasheid van babilon se koning, ( Beeldspraak en diepsinnige metafoor) en Eseg 28 Dieselfde met Tirus wat MEER WYSHEID AS DANIEL GEHAD HET. Nou word daar in verduisterde spraak beskryf hoe naby aan volmaaktheid Tirus gekom veral omdat hul met die Tempel se bou gehelp het voorheen en Israel se bure is en rykdom ens. Maar daar is nerens enige sprake van satan nie. Hierdie is nou vir jou n uitdaging. Dis net baie insigewend. Gaan lees versig in Konteks SONDER ENIGE INTERPRETASIES of formele teologie. En dan wil ek graag U opinie hoor.... Daar is ander wat dit presies soos ek verstaan maar baie min. Probeer asseblief objektief wees. Soos ek se net vir interessantheid. Ander voorbeeld, wie is die twee olyf bome en kandelare wat voor God staan...,Die twee getuies??? Onthou, hulle moet sterf en Moses en Johannes het klaar gesterf en dit is bestem om net een maal te sterf en daarna die oordeel. Daar is Letterlik net twee mense wat nog nie gesterf het nie en voor God staan.... Daar is NET twee, wie is hulle?

  • @patsyvanschalkwyk4666
    @patsyvanschalkwyk4666 Месяц назад +1

    Dit was moeilik maar het 7 vrae reggekry

  • @donovanarndt4606
    @donovanarndt4606 Месяц назад +1

    Baie maklik. Almal reg

  • @user-hu8nm8jg8r
    @user-hu8nm8jg8r Месяц назад +1

    Genade ken nie my Bybel so goed nie😢

    • @daniematthee
      @daniematthee  Месяц назад

      Toemaar, dit is 'n moeilike vasvrae.