- Видео 69
- Просмотров 3 606 554
Hannes Schoeman
Добавлен 18 янв 2011
VROULIEF SE WALS
"Vroulief se Wals" is n nommer gekomponeer deur Thys van Wyk, en opgedra aan sy vrou Annatjie. Wat `n prag komposisie! Thys is `n baie begaafde musikant en speel verskeie instrumente meesterlik, oa trekklavier en saxofoon. Die orkes bestaan nog nie baie lank nie, maar ek hou van hulle klank en ek dink hierdie nommertjie gaan baie bydrae tot hulle gewildheid. Die orkes staan bekend as "Thys van Wyk en die Saamvatters"
Просмотров: 3 233
Видео
Wals vir Lucille
Просмотров 3 тыс.Месяц назад
Lucille is my Skoondogter en dit is vir my `n groot voorreg om hierdie nommer na haar te vernoem.
BOEREMUSIEK IN DIE WOESTYN
Просмотров 20 тыс.5 месяцев назад
Ons het vir 3 dae in die woestyn, in Namibia, gaan kuier met Boeremusiek. Saam met ons was Die Kitaarkerels, Myself, Brian Nieuwoudtn en sy seun, Jan Goosen en lede van Hannes Brandt se orkes. Ons het 2 aande by die Brandberg oorgerslaap en heerlike herinneringe gemaak wat ons nog vir lank sal by bly. Met dank aan Armand, Andries en Mias wat baie moeite gedoen het om dit vir ons baie lekker te ...
WILDEMAN WALS
Просмотров 3,8 тыс.8 месяцев назад
Hierdie is definitief `n unieke klank, en vir my baie lekker op die oor. Gerhard Meyer speel vir ons die "Wildeman Wals" van Oom Hannes Viljoen, op sy mondfluitjie.. Wat die klank uniek maak is Sez Adamson (`n ier) wat "pedal steel" kitaar speel op die opname. Hy is `n puik musikant en het onder andere ook saam met Barry Jarman gespeel in sy jonger dae. Op bas het ons vir Bertus Meyer (Gerhardt...
ALTA SE DEUNTJIE
Просмотров 3,7 тыс.8 месяцев назад
"Alta se deuntjie" is `n komposisie van Chris Green wat hy aan sy vrou opgedra het. Hierdie video is `n week voor Chris se dood opgeneem by Meloti wildsplaas, naby Middelburg Mp. Chris het die agtergrond musiek geskep, maar daar was nie genoeg tyd vir hom oor om die klankbaan finaal af te rond voor hy oorlede is nie. Chris Jnr, wat bas speel op die video, het toe die finale leierkitaar ingespee...
HARTLAND SETIES
Просмотров 39 тыс.9 месяцев назад
When a man knows his ghitaar, it`s only a pleasure to listen to him. Terra Terblanche is a man who knows his ghitaar and plays it very well. You can join me in listening to one of his own compositions called Hartland Seties. Luister graag saam met my na Terra, as hy in eg Suid Afrikaanse styl, een van sy eie komposisies speel.
GERRIE
Просмотров 3 тыс.11 месяцев назад
Hierdie is n nommertjie wat ek 24 jaar gelede gekomponeer en opgedra het aan my 1e Kleinseun.
AS JY AAN EENDAG GLO
Просмотров 29 тыс.11 месяцев назад
Andre Victor en die Stoepsitters speel vir ons "As jy aan eendag glo"
FEES WALS
Просмотров 7 тыс.Год назад
Die Fees wals is `n nommer wat ek jare gelede gekomponeer het, en opgedra het aan Fred en Alida van Zyl, van die Pretoria Tradisionele Boeredansklub. Dit is gedoen om vir hulle dankie te sê vir al hulle harde werk oor die jare om ons kultuurgoed te bevorder en bewaar vir die nageslag. Hier dans Wapadrand se jongmense vir ons die Fees wals, en help sodoende dan ook om te verseker dat ons kultuur...
OOMPIE LODEWYK - JR Olivier en die Boeremusiek op Wiele Orkes
Просмотров 10 тыс.Год назад
Ons het heerlik by die Koster Eisbeinfees gekuier en hier dans die Wapadrand Dansers (Hoerskool kinders) saam met ons. Dit was vir ons baie lekker en ook `n groot voorreg om ons kultuur saam met die jongmense te kon uitleef. Dankie Danette Smith vir jou toewyding aan die groep en wat julle alles vermag om ons kultuur te laat voortleef.
SLIMPRAATJIES
Просмотров 22 тыс.Год назад
Hier speel Mike Cothill en die Vasdans Orkes vir ons "Slimpraatjies". Hulle is `n baie veelsydige orkes en ons geniet hulle musiek. Lekker luister.
MA NELLIE
Просмотров 14 тыс.Год назад
"Ma Nellie" is `n komposisie van Willie Mynhardt wat hy aan sy ma opgedra het. Willie word hier bygestaan deur die Boeremusiek op Wiele Orkes.
WALS VIR MINETTE
Просмотров 36 тыс.Год назад
Die Boeremusiek op Wiele orkes het weer saam gekuier by Tshipise en lekker musiek gemaak. Hier speel Pine Petzer vir ons een van sy komposisies, en hy noem dit "Wals vir Minette". Minette is sy vrou en speel hier ritmekitaar saam met die groep.
WALS VIR 50 JARE
Просмотров 11 тыс.Год назад
Op 3-3-2023 was ek en my vrou 50 jaar getroud. Ek dra hierdie nommer op aan ons huweliksherdenking en hoop julle sal hom geniet. Ek word hier bygestaan deur die "Boeremusiek op wiele" groep.
KOLPERD
Просмотров 22 тыс.Год назад
`n Nommer gespeel deur die Dagbreek Orkes. Die Orkes speel eg tradisionele boeremusiek en is `n plesier om na te luister. Willem Jooste is op konsertina. Lekker luister.
"BLOU OOG" GESPEEL DEUR DIE "VASDANS" ORKES
Просмотров 193 тыс.2 года назад
"BLOU OOG" GESPEEL DEUR DIE "VASDANS" ORKES
COVID VERLANGE - een van die mooiste walse wat ek nog gehoor het.
Просмотров 18 тыс.2 года назад
COVID VERLANGE - een van die mooiste walse wat ek nog gehoor het.
HOE GROOT IS U / HOW GREAT THOU ART - instrumental version
Просмотров 14 тыс.2 года назад
HOE GROOT IS U / HOW GREAT THOU ART - instrumental version