Die beste Alfabet vir kleuters
HTML-код
- Опубликовано: 17 ноя 2024
- 21 Tradisionele kinderliedjies en rypies in Alfabetiese volgorde met fonetiese klanke. Kinders kom leer die alfabet en van Afrikaanse kultuur. Daar kom die Alibama, Daar's 'n apie op 'n stokkie, Bobbejaan klim die berg, Dapper muis, Eendjies staan in ‘n ry, Duimpie, duimpie se maat, Hompie kedompie, Handjies klap, Hoedjies van papier, Hansie slim, Jan Pierewiet, Kiepie Kiepie kom tog gou, Marie Jannewarie, Oom Olifant, Perdjie hop hop, Roei jou boot, Saai die waatlemoen, Treinrympie, Vader Jakob, Witborskraai, Wielie walie.
Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
ko-fi.com/koff...
Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.
-A a Alibama
Daar kom die Alibama, die Alibama kom oor die see
Daar kom die Alibama, die Alibama kom oor die see
-A a Apie
Daar's 'n apie op 'n stokkie
voor my ma se agterdeur,
daar's 'n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daardeur.
-B b Bobbejaan
Bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg, so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg om die boere te vererg.
Hoera vir die jollie bobbejaan!
C
-D d Dapper muis
Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis
En daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang
Nee daar's niks waarvoor ek skrik nie
(Deur Carike Keuzenkamp)
-E e Eentjies
Eendjies, eendjies staan in ‘n ry
een twee drie vier
stap hul verby.
Lings regs, lings regs,
kyk hoe mak.
Reguit dam toe
kwak, kwak, kwak.
-F f Fiela vlooi
Duimpie, duimpie se maat, lange raad
Fiela vlooi, piepie in die potjie
Fiela vlooi, slaapies in die kooi
-G g Gogga
Gert is 'n grillerige groen gogga
Gert die grillerige groen gogga gaan graag Gariepdam toe
(Deur Lami Leer en Speel)
-H h Hompie kedompie
Hompie Kedompie het afgeval
Die koning se soldate
probeer al wat hul kan,
maar Hompie Kedompie bly plat
soos ‘n pan
-H h Handjies klap
Handjies Klap,
koekies bak.
Bring die meel,
nie te veel.
Klits die eiers gou-gou.
Lekker eet ons netnou
-H h Hoedjies van papier
Een, twee, drie, vier,
hoedjies van,
hoedjies van,
een, twee, drie, vier,
hoedjies van papier.
Het jy dan g’n
hoedjie meer?
Maak dan een van
koerantpapier!
Een, twee, drie, vier,
hoedjies van papier.
-H h Hansie
Hansie slim
berg wil klim
Gaan die wye wêreld in
Stok en hoed
pas hom goed
hy is vol van moed
-I i Immergroen
Immergroen perlemoen,
sê dankie mamma met 'n soen
(Deur Lami Leer en Speel Videos)
-J j Jan Pierewiet
Jan Pierewiet Jan Pierewiet Jan Pierewiet staan stil
Jan Pierewiet Jan Pierewiet Jan Pierewiet staan stil
Goeie more my vrou hier's 'n soentjie vir jou
Goeie more my man daar is koffie in die kan
-K k Kiepie
Kiepie,Kiepie, kom tog gou
hier is lekker kos vir jou.
Maar dan moet jy vir my sê
waar jy tog jou eiers lê
-L l Lami
Lami is 'n Lama wat hou van Leer en Speel
Dis hoekom hy Videos met sy maatjies deel
-M m Marie
Marie, Marie, Jannewarie, wat groei daar in jou tuin?
Klokkies en slakkies en meisietjies fyn,
mooi madeliefies en sneeuwit jasmyn.
-N n Nelson Mandela
-O o Oom Olifant
Oom Olifant
jou reuse dier,
die mense lag
vir hul plesier.
Want waar het jy
al ooit gehoor
van ‘n stertjie van agter
en ‘n stertjie van voor?
-P p Perdjie
Hop, hop, hop! Hop my perdjie, hop!
Oor die klippe, oor die slote,
trap versigtig met jou pote!
Altyd op galop! Hop my perdjie, hop!
Q
-R r roei jou boot
Roei roei roei jou boot rustig in die stroom
Lekker lekker dryf ons nou
Die lewe is 'n droom
(Deur Lami Leer en Speel Videos)
-S s Saai
Saai die waatlemoen
Saai die waatlemoen
Saai die waatlemoen
Saai die waatlemoen
My mamma roei in die skuitjie
My pappa blaas 'n fluitjie
My boetie draai die orreltjie
Saai die waatlemoen
-T t Trein
Treinrympie
Sakke, pakke
sout en peper;
gee my stoom
dan loop ek beter
-U u Uil
Ek het 'n wyse ouma uil
Ek praat met haar as ek wil huil
Dan sê sy ooh ooh dis baie erg
En hoo hoo kan ek jou help
Sy luister altyd mooi na my
Dan voel ek sommer gou weer bly
(Deur Lami Leer en Speel Videos)
-V v Vader Jakob
Vader Jakob, Vader Jakob
Slaap jy nog
Slaap jy nog
Hoor hoe lui die kerkklok
Hoor hoe lui die kerkklok
Ding dong del, ding dong del
-W w Witborskraai
Aai aai die Witborskraai hiervandaan na Mosselbaai
Hoog gevlieg en laag geswaai
By die groot see omgedraai
Wielie, wielie, walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef, tjaf daar val hy af.
Wielie, wielie, walie.
X, Y, Z Dit was die hele alfabet
Row your boat in Afrikaans,
Volksliedere,
Volksliedjies,
Tradisionele Afrikaanse musiek,
Tradisionele Afrikaanse liedjies,
Afrikaans kinder liedjies,
Kinderliedjies,
Kinderrympies in Afrikaans,
Afrikaans nursery rhymes,
Afrikaans rhymes,
Liedjie woorde,
Afrikaans nursery rhymes RUclips,
Children songs South Africa
Wielie walie woorde
Traditional Afrikaans songs lyrics
Rympies in Afrikaans
Kleuterskool liedjies
Afrikaanse gedigte vir kinders
Immergroen
Erfenisdag, Afrikaanse kultuur