Vorms vir Kleuters - Lami Leer en Speel Videos/Opvoedkundig/Ontwikkeling/Les/Aktiwiteite/Afrikaans
HTML-код
- Опубликовано: 11 янв 2025
- Het jy geweet jy kan nou vir Lami 'n koffie koop? Dis veilig en maklik. Druk net hier:
ko-fi.com/koff... Ons is baie opgewonde. Hoe meer kafeïen hoe meer videos! Baie dankie vir jul ondersteuning.
Lami en diertjies wys vir ons vorms! Print ook jou eie gratis werkkaart by die huis uit! Kinders kan dan saam prakties leer oor vorms.
Vir gratis PDF werkkaart:
1. Subscribe tot Lami Leer en Speel RUclips kanaal
2. Stuur 'n epos na leerenspeel1@gmail.com
Kom kyk hoe ons lekker leer en speel met vorms. In hierdie video gaan ons kyk na verskillende vorms. Ons gaan leer hoe om elkeen uit te ken. Ons gaan vorms uitken op prentjies saam met diertjies.
Elke huis het 'n badkamer. In die video gaan vorms soek in die badkamer. Dit is om kleuter se verbeelding aan te huts. 'n Kind se leer proses eindig nie by 'n uitgewerkte les nie, hulle kyk konstant rond en neem als in. Aktiwiteite is vroeë kinder ontwikkeling te bevorder.
Ons gee ook ander idees vir aktiwiteite om by die huis te doen. Soos om van vorms te leer is om met bakkies en deksels te speel. Mens kan ook gewone papier vat en dit uitknip en vorms bymekaar pas of in patrone pak. Sjoe en dit lyk vir my of ons baie gaan leer en speel saam met Lami. Maak seker julle kyk tot by die einde van die video, hierdie bruin beertjie gaan ons vertel van sy hartjie wat wonderlike dinge kan voel. Die diertjies speel ook musiek instrumente wat verskillende vorms is.
Ons leer van vorms soos Vierkant, Sirkel, Driehoek, Reghoek, Ovaal, Ster en Hart.
Ons leer ook tel deur die vorms se sye en hoeke te tel.
Ons leer ook van diere soos Jakkals, Kameelperd, Padda, Uil, Olifant, Pikkewyn en Zebra.
Ons leer die name van musiek instrumente.
Agtergrond musiek vir hierdie video is tradisionele kindermusiek wat hul baie sal geniet.
Ander aktiwiteite wat ook by die huis kan gedoen word is om vorms op karretjies te plak en ook vorms uit te knip. U kleuter die verskillende vorms bymekaar kan pas. Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
---
Meer oor Lami Leer en Speel Videos: Opvoedkundig
Welkom ouers, kinders, kleuters en peuters! Hier gaan ons saam leer en speel in Afrikaans. Ons gaan stories vertel, speel met speelgoed, liedjies sing, rympies opsê en sommer baie nuwe dinge leer.
Kontak ons gerus by: leerenspeel1@gmail.com
Ons maak staat op julle om asb te Subscribe. Ons mik vir 'n 1000 Subscribers sodat ons aan die gang kan bly en sommer nog baie videos vir julle kan maak. Die Afrikaanse RUclips mark is maar klein so ons vra ekstra mooi dat elkeen sal subscribe en deel ook asb met julle vriende met kinders.
Op "Lami Leer en Speel Videos" ontmoet ons kinders op hul vlak. Die lesse is saamgestel om kreatiwiteit en nuuskierigheid aan te moedig.
Op hierdie jong ouderdom is jou kind op 'n avontuur om die wêreld te verken. Hul leer deur spontaan te wees en hul is bereid om foute te maak. Dit is ons rol as ouers om hul aan te moedig en inisiatief te verwelkom. Op hierdie manier kweek ons op die ou end volwassenes met 'n liefde vir die lewe.
Die hart van hierdie kanaal is eintlik om ouers te help. Want ouerskap is nie kinderspeletjies nie. Ek hoop hierdie videos gee jou idees van aktiwiteite om saam met jou kinders te doen. En natuurlik is hierdie stories iets Afrikaans vir hulle om te kyk terwyl jy kosmaak.