Die boorgat-dilemma: ‘Net nog ’n bietjie...ek belowe’
HTML-код
- Опубликовано: 30 янв 2025
- In hierdie webdokkie wys Murray Louw hoe die tweemanskap op ’n kleinhoewe in Zwavelpoort, oos van Pretoria, te werk gaan om water te vind.
Smit (78) en Visser (74) het albei die gawe om ondergrondse water uit te wys.
Dié twee Pretorianers is waterwysers en help mense wat boorgate wil laat sink om die presiese plek te vind waar water ondergronds vloei.
“Ek beskik oor die vermoë om ondergrondse mere, riviere, are en syferwater aan te wys en te evalueer. Die wyse waarop ek te werk gaan, stel my in staat om die benaderde diepte, sterkte en selfs die rigting waarheen die water vloei te bepaal.”