Die mooiste en skoonste woorde - dit mag dalk vir ander simpel voorkom, maar ek word elke keer aangeraak in my diepste, verste binnekant waar nog net ek ooit was, en ook maar amper nooit - slegs as ek na die lied luister, besoek ek weer daai plekkie - ek hou juis die plekkie binne my afgesper ligjare ver weg van enigiets en enigiemand, kompleet en al onaangeraak deur die ongoddelike hede waarin ons as mens onsself bevind - en in die plekkie ver weg van realiteit, sonde, hartseer, pyn, wellus, haat, kwaad, rugstekery, en nog verder weg van die bewussyn, gaan besoek ek my oorlede Mamma... word ek dan weer kind, en gee Haar in retrospek weereens vir oulaas 'n drukkie - en vir daai kortstondige oomblik van onskuld te midde die eweige gestrompel van die sinlose hede en realiteit, glo ek dat daai plekkie ver weg van alles, die hede is... en sal ek dan glo dat ek werklik my Moeder nog een keer vashou, en net nog een keer 'n kind kan wees in Haar Moederlike arm's greep... totdat ek skielik 'n ontnugterende slag hou ontvang van realiteit in die hede wat soos 'n skoolklok my herinner dat die tydelike oomblik van kortstondige geluk, vrede en gevoel van vryheid nou klaar is.
Lourens, dis asof my woorde klaar geskryf was ... my mamma is ook nou al 17 jaar oorlede maar tog elke keer as ek die lied hoor dink ek aan haar en stort ek 'n hele paar trane (sit die lied op repeat) en huil my hart hees, en roep haar op in my geestes oog so asof sy in Laurika se beeld vir my terug kyk. Dit is wel 'n BESONDERSE LIED.
Sy roep my in die rigting van haar hart Waar die wintervure brand En die nagte vir die somer lê en wag Sy giet haar trane in die see Sy stuur haar woorde met die wind Na die strande van lankvergete smart Refrein: Vier seisoene kind met die winter in jou oë Waar het ek jou verloor Vier seisoene kind met die liefde in jou palm - kyk jou oseaan is kalm Vier seisoene kind vier seisoene kind Stuur my nog ’n poskaart met die wind Sy maak vir my ’n painting van die herfs As die akkerbome rus En die wolke soos vlamme oor ons waai Sy gee vir my ‘n soet Septembergeur As die Boland lê en bloei Met die somer wat klop hier aan my deur Refrein x 2
2023 en die liedjie bring steeds vir my so baie herinneringe! Jou musiek, mevrou is iets wat nooit vergete sal gaan nie! Jys ongelooflik!❤❤❤
Prachtig. Nog steeds heimwee. Dankjewel voor heimwee dankjewel Laurika.
Lieve Suretha McIntyre, ik mis je. Dit liedje is over jou. 😢❤ Voor altijd in mijn hart.
9 jaar terug en luister dit in 2021 nogsteeds !!🤩🤩
Een van die beste Afrikaanse liedjies ooit!
Een van die mooiste diep liedjies in Afrikaans. Pragtig
Laurika
Gian Groen is briljant. Gee hom erkenning Laurika.
Die mooiste en skoonste woorde - dit mag dalk vir ander simpel voorkom, maar ek word elke keer aangeraak in my diepste, verste binnekant waar nog net ek ooit was, en ook maar amper nooit - slegs as ek na die lied luister, besoek ek weer daai plekkie - ek hou juis die plekkie binne my afgesper ligjare ver weg van enigiets en enigiemand, kompleet en al onaangeraak deur die ongoddelike hede waarin ons as mens onsself bevind - en in die plekkie ver weg van realiteit, sonde, hartseer, pyn, wellus, haat, kwaad, rugstekery, en nog verder weg van die bewussyn, gaan besoek ek my oorlede Mamma... word ek dan weer kind, en gee Haar in retrospek weereens vir oulaas 'n drukkie - en vir daai kortstondige oomblik van onskuld te midde die eweige gestrompel van die sinlose hede en realiteit, glo ek dat daai plekkie ver weg van alles, die hede is... en sal ek dan glo dat ek werklik my Moeder nog een keer vashou, en net nog een keer 'n kind kan wees in Haar Moederlike arm's greep... totdat ek skielik 'n ontnugterende slag hou ontvang van realiteit in die hede wat soos 'n skoolklok my herinner dat die tydelike oomblik van kortstondige geluk, vrede en gevoel van vryheid nou klaar is.
Lourens, dis asof my woorde klaar geskryf was ... my mamma is ook nou al 17 jaar oorlede maar tog elke keer as ek die lied hoor dink ek aan haar en stort ek 'n hele paar trane (sit die lied op repeat) en huil my hart hees, en roep haar op in my geestes oog so asof sy in Laurika se beeld vir my terug kyk. Dit is wel 'n BESONDERSE LIED.
Dis so mooi
Baie dankie vir hierdie skoon musiek Laurika!
Pragtig!!
Absolutely LOVE this song🩵💙
So touching and evocative. Beautiful.
So beautiful! 💕💕
Laurika Rauch you are an Angel. Lots of Love.
Prachtig mooi liedjie 💞💞💞
Wow. Goud, altyd Goud..
Pragtig jy bly maar Tops!!!
Dis 02 Feb 2022 en ek luister nou vir Vier Seisoene Kind.
Beautiful
Baai mooi.
My antie... dis n duidelikke song ne! Dankie
Altyd mooi!
Pragtig.
Awesome
Partykeer vergeet ons die hartseer,maar nooit die liefde van joy moeder
Joshua❤❤😍
Laat my terug dink aan my kinderdae- vanuit die States!
fantastiese lied, maar die video lyk of dit deur studente geskied is. So baie potensiaal met dié lied
❤
suiwer Afrikaans
Groot fan. Leonard Cohen se kastrol!
Sy roep my in die rigting van haar hart
Waar die wintervure brand
En die nagte vir die somer lê en wag
Sy giet haar trane in die see
Sy stuur haar woorde met die wind
Na die strande van lankvergete smart
Refrein:
Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
- kyk jou oseaan is kalm
Vier seisoene kind vier seisoene kind
Stuur my nog ’n poskaart met die wind
Sy maak vir my ’n painting van die herfs
As die akkerbome rus
En die wolke soos vlamme oor ons waai
Sy gee vir my ‘n soet Septembergeur
As die Boland lê en bloei
Met die somer wat klop hier aan my deur
Refrein x 2
Hemels.