U Eie Keuse word 70!

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 20 окт 2024
  • Die oudste program op Suid-Afrikaanse radio, U Eie Keuse, is hierdie maand ‘n volle 70 jaar oud. Die eerste uitsending was op Saterdag 20 Okotber 1945 en is behartig deur Kosie Jooste.
    Op Saterdag 24 Oktober 2015 kan jy luister na 'n spesiale verjaardagprogram saamgestel deur die huidige aanbieder, Willem Pelser. Van die luisteraars sal eerstehands hulle ervaring van die program deel. Jy kan luister na van die gunsteling versoeke van die afgelope paar jaar en 'n paar bekende stemme van die verlede sal ook gehoor kan word.
    Kom hou saam U eie Keuse-verjaardag en luister Saterdagaand 24 Oktober 2015 om 20:00 na U eie Keuse op RSG.

Комментарии • 14