Potbrood Perfeksie - Kosmeester Kortes (Weskus Kampkos)

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 18 фев 2023
  • As daar mos nou een ding is waarvan Suid Afrikaners hou dan is dit mos nou 'n ordentlike potbrood, saam met botter, konfyt en kaas. Potbrood is as te ware verweef in ons kultuur se DNA, en soos enige Suid Afrikaner jou ook sal kan vertel, kan 'n mens nie genoeg van hierdie meesterstuk kry as jy eers begin smul het nie. As jy hom maak soos wat ek hom maak, sit jy basies met 'n goudkleurige brood, wat veerlig en dood eenvoudig HEERLIK is. Hierdie brood is ook lig op 'n mense se gestel. Wees die praat van die dag en probeer gerus hierdie klassieke treffer.
    RESEP:
    1/3de koppie suiker (80ml)
    3 koppies lou water (750ml)
    2 pakkies kitsgis
    6 koppies meel (+ 'n ekstra knoppie vir knie-proses)
    1 hoë eetlepel sout
    1/3de koppie Olyfolie (80ml)
    Metode:
    Stap 1: Los die suiker in die lou-warm water op. Voeg die 2 pakkies kitsgis by, meng liggies deur die lou suikerwater, en sit eenkant vir sowat 10 minute (terwyl jy die droë bestandele meng).
    Stap 2: Meng nou die meel met die sout. Sodra gemeng roer die olyfolie in met behulp van 'n vurk.
    Stap 3: Sodra die gis 'n lekker dik laag skuim bo-op het, meng dit bietjiie-vir-bietjie met die meelmengsel. Sodra al die gismengsel in is, begin om te knie deur gereeld van die ekstra meel by te voieg terwyl jy vir sowat 10 minute knie, todat jy 'n sagte hanteerbare deeg het.
    Stap 4: Sit die deeg in 'n groot geoliede bak en bedek met 'n deksel of kleefplastiek. Sit toe bak onder 'n doek op 'n warm plek vir sowat 'n uur tot 'n uur en 'n half om te reis.
    Stap 5: Sodra lekker gereis, knie af vir sowat 2 minute en sit in die ge-oliede pot waarin jy die brood gaan gaarmaak.
    Stap 6: Terwyl brood vir 'n 2de keer reis, berei jou vuur voor. Bak brood op indirekte hitte soos in video verduidelik vir sowat 'n uur en sit kole-bo-op die deksel sowat 10-20 minute voor die einde. Hou brood gereeld dop en laat rus vir sowat 30 minute, sodra uit pot gehaal.
    #potbrood #kamp #buitelug
  • РазвлеченияРазвлечения

Комментарии • 21

  • @tomrobinson7022
    @tomrobinson7022 5 дней назад +1

    Daai brood kan net so lekker smaak saam met wit vet en stroop.

  • @hendrikvanderwalt5866
    @hendrikvanderwalt5866 Год назад +2

    MEESTELIK DANKBAAR OM JOU KENNIS TE DEEL MET ONS ALMAL.... 👍

  • @nankadutoit1635
    @nankadutoit1635 12 дней назад +1

    Die sout is seker 'n hoogvol teelepel en nie 'n eetlepel nie😮

  • @janhbhugo5085
    @janhbhugo5085 Месяц назад

    Lekker !

  • @peach9704
    @peach9704 Год назад +2

    Baie dankie lyk heerlik.

  • @elizabethnovak4088
    @elizabethnovak4088 2 месяца назад

    Man, hoe water my mond nou..❤

  • @ToastSoon4808
    @ToastSoon4808 9 дней назад

    Julle stap vêr.....het jy dan nie n Mahindra nie 😊

  • @hendrikvanderwalt5866
    @hendrikvanderwalt5866 Год назад +2

    DIS N PRAGTIGE WERELD.... DAAR...

  • @dpc8588
    @dpc8588 Год назад +1

    Nee wat...skuim loop by die mond 🤣👌 Baie LUUKS Kortes!!!

  • @dirkbadenhorst9087
    @dirkbadenhorst9087 Год назад +1

    Dood lekker!!🍞🍞

  • @denzilpennels77
    @denzilpennels77 Год назад +2

    Extra perfeksie Lekker

  • @tanyalevin3240
    @tanyalevin3240 Месяц назад

    Bread looks divine. I like the barrel you are making your braai in.....what is it from?

  • @rosemariethebus4036
    @rosemariethebus4036 10 месяцев назад

    Ons kamp lekker teen die Weskus ... Dankie vir resep❤

  • @katbokstudios
    @katbokstudios 7 месяцев назад

    koning!! ons gaan hom net so bak!!

  • @nelliepieterse7336
    @nelliepieterse7336 5 месяцев назад

    Fantasties jy het my so lus gemaak om so broodjie ook tebak ai ek proe sommer daai lekker happie daai lekker vars botter en ek laaik altyd so n jampie saam.met daai eerste snytjie en veral daai korsie almal baklei altyd vir daai korsie hou so aan met jou gebak jy is n jamp babaai ek mis daai kant van die wêreld baie want ek is hier op cairns in qweenslid in Australia ok julle weeks mense julle is pragtigge mense altyd so vrolik en opgeruimd en gasvry tata

    • @nelliepieterse7336
      @nelliepieterse7336 5 месяцев назад

      Sorry vir daarde fout dit moet wakker wees mr julle weet die ou fone maak sommer hulle eie woorde❤

  • @ianadriaanse8705
    @ianadriaanse8705 Год назад

    Ai Kortes en kreef man by die rotse.