Lopende skrif ▶ leer lopende skrif kleinletters (Afrikaanse woorde)
HTML-код
- Опубликовано: 3 фев 2025
- As jy lopende skrif wil leer is jy by die regte plek! Hierdie video word toegewy aan die kleinletters van lopende skrif. Leer vas skryf deur al die letters van die alfabet individueel te leer en dan te oefen deur woorde in lopende skrif te skryf. Ons stel al die letters van die alfabet bekend. Ons wys die letters in "los skrif" en langsaan in lopende skrif. Dan wys ons die hele alfabet en hoe die alfabet sou lyk as mens dit in lopende skrif aaneen sou skryf. Laastens wys ons 'n paar eenvoudige woorde vas geskryf in lopende skrif. Hierdie sal spesifiek kan dien as hersiening vir Graad 3 kinders (en graad 2!) wat reeds kan lees sowel as die alfabet en letters goed ken. Kom leer saam om vas te skryf!
Oefen gereeld om die letters op hul eie vas te skryf
Oefen lopende skrif deur verskillende woorde te skryf
gebruik flitskaarte om die lopende skrif letters te herken
Laastens, as jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders (en grootmense)!
Subscribe hier: www.youtube.co...
Loer na ons webtuiste met al ons videos! www.stegosauruslearning.co.za
Ons is ook op Facebook - volg ons daar:
/ stegosauruslearning