Eerste woorde | eerste woord flitskaarte

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 1 ноя 2024
  • As jy vir jou baba of peuter 'n taal hupstoot wil gee is jy by die regte plek. Hierdie video bevat 99 Afrikaanse woorde vir babas en peuters. Ons wys die Afrikaanse woorde deur middel van flitskaarte. Ideaal vir kinders wat begin praat en vir woordeskat uitbreiding. Kinders met spraakagterstande wat spraakterapie ontvang kan ook baatvind hierby. Hierdie 99 Afrikaanse woorde is opgedeel in kategorieë om dit maklik te maak. Ons wys die prentjie van die afrikaanse woord en gee kans vir die kind om die prentjie te identifiseer. Dan wys ons hoe die woord lyk en sê die afrikaanse woord hardop. Die flitskaarte word stadig gewys sodat daar genoeg tyd is om die woord te leer deur na die prentjie te kyk. Gee jou kind 'n taalhupstoot! Hierdie Afrikaanse woorde is ook met sorg gekies sodat die kinders nie blootgestel word aan moeilike woorde terwyl hul nog leer praat nie.
    Ook baie belangrik om te onthou:
    Hersien die Afrikaanse flitskaarte gereeld met jou kind
    benoem voorwerpe en wys daarna terwyl jy in die motor ry, by die huis is ens.
    Kyk vir jou kind as jy die woord sê dat hul jou mond kan sien
    *Let wel: Ons is nie spraakterapeute nie en beveel aan dat kinders met 'n spraakagterstand geassesseer word sodat die korrekte spraakterapie toegepas kan word. Woordeskatuitbreiding is egter belangrik vir klein kinders.
    As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander Afrikaanse lessies vir kinders!
    Subscribe hier: www.youtube.co...
    Loer na ons webtuiste met al ons videos! www.stegosauruslearning.co.za
    Ons is ook op Facebook - volg ons daar:
    / stegosauruslearning

Комментарии •