Nuwe woema met naweek vir onderwysers

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 29 сен 2024
  • 'n Bemagtigingsnaweek vir onderwysers in die Suid-Kaap, beloof om geweldig baie vir leerkragte te beteken. Die simposium, Eco-Onnie, word in samewerking met die privaat hoëronderwysinstelling, STADIO, by die Wilderness Hotel van 11 tot 12 Oktober aangebied. Die organiseerder, Laerskool George-Suid (LGS) se hoof, Sas du Plessis, wat ook die voorsitter van die SAOU in die Wes-Kaap is, sê die simposium is daarop gemik om innerlike groei te stimuleer. "Die naweek sal vir die onderwysers nuwe wind in hul seile gee en motiveer om die verskil in hul gemeenskap te wees.” Die koste is slegs R2 000 per onderwyser en LGS en Group Editors, die mediaborg, borg ‘n leerkrag van ‘n minder gegoede skool. Group Editors se hoof, Servaas de Kock, daag alle besighede in die Suid-Kaap uit om nog onderwysers van minder gegoede skole in die streek te borg sodat hulle ook dié uiters waardevolle symposium kan bywoon. De Kock het met du Plessis oor die simposium, sowel as die beplande besnoeing van onderwysposte in die land, gesels. Kontak Rolandi Steyn by 083 382 6466 of rsteyn@lgs.co.za.

Комментарии •