Regering se plase staan ongebruik

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 26 янв 2018
  • Net duskant Coligny in Noordwes lê duisende hektaar se vrugbare landbougrond onder ’n kombers van onkruid. Hier is amper 20 jaar laas op groot skaal geboer nadat die regering die grond in 2000 aan die ­Batloung-stam gegee het. Die grond is egter steeds op die regering se naam. “Die regering het miljoene rande se trekkers en planters destyds vir hierdie mense gegee, maar hulle het eenvoudig nie die kennis om te boer nie. Dis baie hartseer,” sê Daan du Plessis (68), een van die voormalige eienaars van die grond wat steeds in die omgewing boer. Hy huur 4 000 ha - met skure wat hy self gebou het - by die huidige eie­naar om sy mielieboerdery aan te vul.

Комментарии •