riviersonderend (ai my lam)
HTML-код
- Опубликовано: 8 фев 2025
- In 1994 het my vriend Jan de Klerk die kameraman Uganda toe moes vlieg om die SABC 4x4 in Kampala te gaan haal nadat hy en die joernalis Jacques Pauw verslag moes lewer vir die SABC oor die burgeroorlog in Rwanda tussen die Hutus en Tsutsis. Hul moes vining padgee en uitvlieg om die nuus aan die wêreld bekend te maak en het die voertuig in Kampala gelos. Dus het hy my gevra of ek wil saamvlieg en ons dan die 4x4 voertuig terugry Suid-Afrika toe. Jan het sy video kamera saamgeneem en ons het 14 dae lank teruggery terwyl ons natuurlik plekke soos die Victoria meer, die oorsprong van die Nyl, die ewenaar, Nairobi, Kilimanjaro, Tanzanië, die Malawiese meer, die Zambezi, Zambië, Zim ens. deurreis en besigtig het… Hier en daar het ons bietjie video geskiet. Dit was een van die wonderlikste toere ooit.
In 1993 het ek die liedjie Riviersonderend opgeneem. Jan het die videomateriaal aan my geskenk en toe die ander dag in 2021 het ek kreatief gevoel en hierdie video aanmekaar geslaan:
Ai my lam al my verkenners
Het lankal gerapporteer oor die pad na jou toe, die pad na jou toe
Ai my lam, my troepe, my soldate
Is lankal gemobiliseer vir die pad na jou toe, die pad na jou toe
Die totale aanslag, sal onverwags wees
Die onverwagte aanslag, sal totaal wees
Jy sal dit kan sien aankom, ver dalk
Maar niks daaraan kan doen nie
Die beleg sal ‘n belegging wees
Dit sal onvoorwaardelik wees
Maar dis alles net as jy wil hê
Dat my liefde soos vrede voor jou voete lê
Renteloos, veilig in jou belê
Want die pad na jou toe
Is die pad na my toe
Die pad na jou toe is die pad na my toe
Want die pad na jou toe is dieselle as die pad na my toe
Die pad na jou toe
Is ‘n riviersonderend na my toe…
© 1993 bushrock musiek/gallo; woorde en musiek anton goosen
Prachtige song echte troubadour anton grt uit België
Uitstekend Anton!
Epic song, epic trip Oos Afrika is iets anders ❤️
Ka jy glo ek kry dit hier as n "recommendation".
Liefde vir jou Anton! Awesome!
Ja! Flippin great track
Здо'рово! Дякую! | Sjoe! Dankie!
Wonderlik. Baie spesiaal. Laat my onthou hoekom ek so baie van Anton Gooden se musiek hou!