Kan ek nog in 2020 die evangelie glo? [2 Des 2020]

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 8 янв 2025

Комментарии •

  • @lidaerwee7746
    @lidaerwee7746 4 года назад +2

    Ontsettend kosbaar vir my en maak my dankbaar om n ware God deur Jesus Christus te kan beleef en bely en Sy woord te kan glo. Lida Erwee

  • @hennieswanepoel
    @hennieswanepoel 4 года назад

    Dankie vir die sinvolle gesprek. Waardeer julle!

  • @chrystijo1439
    @chrystijo1439 4 года назад +2

    Nou meer sa ooit!!!

    • @alidavaneeden6333
      @alidavaneeden6333 2 года назад

      Ek glo Jesus kom nog om ons tehaal hy se so hy gaan ons plek voorberei dan kom hy terug tyd is nie faktor nie kan dalk nog n 100 jaar wees kom sal hy kom op die wolke vir ons

    • @barend4803
      @barend4803 2 года назад

      Die 2020 vertaling laster die Here Jesus Christus. Die vertaling maak deurgaans die karakter van God verdag. Daar word plek gemaak vir die valse leer van evolusie ook die valse leringe van die Roomse kerk soos bv transsubtansiasie. Die verband tussen Ou Testament en Nuwe Testament word verbreek asof dit mekaar weerspreek en nie die heilige geïnspireerde Woord van God is nie.
      Daarom moet elkeen wat die vertaling wil lees let op die volgende waarskuwing.
      "Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en
      verslae van gees, en wat bewe vir my woord." (Jes 66:2b
      OAV)
      Dít moet ons gesindheid teenoor God se Woord wees.
      1 So 'n persoon is besig om die Here Jesus te verloën. En Hy
      het baie sterk gewaarsku:
      "Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook
      verloën voor my Vader wat in die hemele is." (Mat 10:33
      OAV)
      En Johannes waarsku ook:
      "Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie."
      (1Joh 2:23 OAV)
      Iemand wat op hierdie pad volhard, loop die gevaar om teen
      die Heilige Gees te laster:
      "Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die
      mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle
      mag uitgespreek het; maar wie teen die Heilige Gees
      gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar
      is skuldig aan die ewige oordeel - omdat hulle gesê het: Hy
      het 'n onreine gees." (Markus 3:28-30 OAV)
      'n Onrein gees lieg en mislei mense, maar nie God die
      Heilige Gees nie. Om te sê die profetiese interpretasies
      van die Nuwe Testament is verkeerd, is om te sê dit kom van
      'n onrein gees, terwyl dit inderwaarheid van die Heilige
      Gees kom. Godslasterlik! 'n Gespeel met vuur!
      "Want onse God is 'n verterende vuur." (Heb 12:29 OAV)
      Die kern van die probleem lê daarin dat so iemand verblind
      is deur Satan self:
      "Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in
      die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die
      god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die
      verligting van die evangelie van die heerlikheid van
      Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn
      nie." (2 Kor 4:3-4 OAV)
      Jesus se waarskuwing is hier van toepassing:
      "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel
      ontvlug?" (Mat 23:33 OAV)
      Liewe leser, as dit die pad is waarop u is, roep ek u tot
      bekering, tot inkeer, en verootmoediging voor die lewende
      God. In die woorde van Christus Jesus, die Here:
      "Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie,
      sal julle almal net so omkom." (Luk 13:5 OAV)
      Dink aan daardie dag wanneer u en ek voor die regterstoel
      van Christus gaan staan, en ons hele lewe deur Hom
      beoordeel word. Dit gaan verseker gebeur, maak nie saak of
      mens dit glo of nie, want God sê so:
      3 Die apostel Petrus skryf baie duidelik:
      "Aangaande hierdie saligheid het die profete wat
      geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is,
      ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of
      hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys
      het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor
      Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is
      geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons
      dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié
      wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige
      Gees wat van die hemel gestuur is - dinge waarin die engele
      begerig is om in te sien."(1 Pet 1:10-12 OAV)
      En ook:
      "En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop
      julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek
      skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in
      julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen
      profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;
      want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens
      voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het
      die heilige mense van God gespreek."
      (2 Pet 1:19-21)
      Diegene wat bevraagteken wat die Nuwe Testament sê oor die
      Ou Testament, en spesifiek die Messianse interpretasies
      daarvan wat op Jesus betrekking het, maak die Heilige Gees
      tot leuenaar. En God kan nie lieg nie:
      "God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat
      dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie,
      of spreek en dit nie waar maak nie?" (Num 23:19 OAV)
      Johannes skryf oor die Heilige Gees:
      "En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. Ek
      het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken
      nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die
      waarheid is nie." (1 Joh 2:20-21 OAV)
      Iemand wat sê Christus is nie in die OT nie, het nie die
      Heilige Gees nie. "Dit is hulle wat skeuring maak,
      sinnelike mense wat die Gees nie het nie." (Judas 1:19 OAV)
      Jesus het baie duidelik oor die Gees gesê:
      "Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My
      behoort, en aan julle verkondig." (Joh 16:14 OAV)
      Hulle wat ontken dat daar profesieë oor Christus in die Ou
      Testament is, doen dit beslis nie deur die Gees van God
      nie:
      "Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees
      van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand
      kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige
      Gees." (1 Kor 12:3 OAV)
      "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus
      verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam
      verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of
      kwaad." (2 Kor 5:10 (OAV )
      Wat sal u dan vir Hom sê as u daarin volhard het om Hom en
      Sy Woorde te verloën, en teen Sy Heilige Gees te laster?
      Watter verskriklike oordeel sal nie op u kom nie!
      "hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid
      veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is,
      aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God
      ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en
      allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees
      volgens sy wil?" (Heb 2:3-4 OAV)
      Daarom pleit ek in die woorde van Paulus:
      "Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur
      ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met
      God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie,
      sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van
      God in Hom." (2 Kor 5:20-21 OAV)
      En vir hulle wat God se Woord ernstig opneem, staan
      geskrywe:
      "Hoor die woord van die Here, julle wat vir sy woord bewe!
      Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam
      ontwil, sê: Laat die Here heerlik word, dat ons julle
      vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!" (Jes66:5 OAV)