SORG DAT JY KWALIFISEER OP GOD SE TERREIN - 29 SEPTEMBER 2024

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 29 сен 2024
  • DATUM: 29 SEPTEMBER 2024 (OGGEND)
    PREDIKER: PROF. STEPHAN JOUBERT
    TEMA: SORG DAT JY KWALIFISEER OP GOD SE TERREIN
    SKRIF: PSALM 15:1-5 (AFR83)
    ___________________________________________________________________________________
    WIE KWALIFISEER?
    Psalm 15:1 (AFR83) 'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef?
    Wie maak die afsnypunt?
    Wie is goed genoeg? Orals in die lewe geld hierdie vraag. Psalm 15:1 vra dit ook.
    Wie kwalifiseer om in die woonplek van die Here in te gaan, en om op sy heilige berg te vertoef?
    DIE ANTWOORD
    Psalm 15:2-5 (AFR83) Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaadpraat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie; hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade, sy geld nie op rente uitleen nie en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie. Wie hom hieraan hou, sal nooit wankel nie.
    Vers 2-5 gee ’n verrassende antwoord op dié vraag. Almal wat dit tot digby die Here waag, leef volgens sy voorskrifte.
    a. Hulle doen wat reg is voor God.
    b. Hulle is eerlik.
    c. Hulle praat nie kwaad nie. Hulle doen ook nie kwaad nie.
    d. Hulle beledig niemand nie. Hulle klap nooit hande vir sondaarshande nie. Hulle eer die Here se mense.
    e. Hulle hou hulle woord.
    f. Hulle is nie geldgierig nie, en hulle aanvaar nooit omkoopgeld nie.
    DIE UITDAGING
    Kwalifiseer jyself?
    Geseënd is jy as jy kan ja sê hierop.
    Indien nie - daar’s nog uitdunrondtes oor.
    Daar’s ook nog plek oor in die Here se woonplek.
    Doen wat Hy sê, dan is jy spoedig tuis in die Here se huis.

Комментарии • 8

  • @naominell7352
    @naominell7352 День назад +2

    Dankie Stephan vir hierdie treffende en kragtige boodskap,. Amen❤❤❤

  • @almalouw7007
    @almalouw7007 День назад +2

    Dankie Stephan dit is altyd so n voorreg om na jou te luister. Dankie

  • @Dingbat60
    @Dingbat60 День назад

    Rm 3:10 - “Daar is nie een wat regverdig is nie. …………….”
    Efesiers 2
    8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
    9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
    Ek stem glad nie saam met hierdie boodskap nie. Ons kwalifiseer glad nie, kan ook nooit nie. Ons word alleenlik deur genade gered.
    Tref tog onderskeid tussen Israel en die heidene, Moses en Paulus, profesie en die musterion/geheimenis.

  • @jennywalters9080
    @jennywalters9080 18 часов назад

    Baie dankie Prof Stephan Joubert vir nog n aangrypende en treffende boodskap. Uit u boodskappe is daar altyd iets om te leer of moed te kry❤

  • @lorrainecharmaine6430
    @lorrainecharmaine6430 18 часов назад

    Dankie vir u boodskap mag ons, ons 3 Enige God se Berg betree elke tree in die lewe.tot Sy Eer

  • @hesternaude1500
    @hesternaude1500 День назад

    Goeie more. Baie dankie. Ons bejaardes waardeer dit opreg. Gesèende sondag van uit Belfast

  • @amandadutoit5763
    @amandadutoit5763 20 часов назад

    Dankie vir hierdi "wow" boodskap...HERE HELP MY ... seenwense