Die regspan gaan voort!! Daar is genoeg regspunte om voort te gaan. ~ AFRIKANER AKKOORD HOFSAAK

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 29 авг 2024
  • Op 6 Junie 2024 het Tabok Trust die internasionale regspan tydens 'n funksie bekendgestel aan die publiek. Dit volg nadat die regspan die voorafgaande dae deur die meriete van die saak gewerk het en tot die gevolgtrekking gekom dat die saak wel meriete het om verder gedryf te word.
    Die internasionale span het leiding gegee oor die prioriteite veral op die volgende aspekte:
    1. Die voorbereiding van die hofsaak moet prioriteit geniet sodat alle aspekte totaal gedek word wat 'n moontlike volkstaatgebied insluit.
    2. Die ooreengekome gebiede van 1993 word uiteraard hierby ingesluit. Dit is na 30 jaar nie meer haalbaar nie. Daardie gebiede was net 'n aanvanklike wegspringgebied. Die Volkstaatraad moes met 'n finale aanbeveling vir 'n finale volkstaatgebied kom. Hierdie hou 'n kritiese belangrike regsimplikasie in naamlik dat daar 'n reg gevestig is per die ooreenkoms.
    3. Die Volkstaatraad se aanbevelings sal bestudeer word en op grond van die aanbevelings en bepalings van die internasionale reg, om daarvolgens 'n moontlike volkstaatgebied te identifiseer.
    'n Komitee met die nodige kundiges sal aangestel word om hierdie take uit te voer en ook om insette van die breër Afrikaner Publiek te ontvang en in prosesse uiteen te sit.
    Die finale volkstaagebied sal uiteindelik in 'n finale internasionale bemiddelde proses afgehandel word. SA howe kan nie vir ons 'n volkstaat proklameer nie, dit sal deur internasionale bemiddeling onderhandel moet word.
    Om hierdie saak te ondersteun kan u een van die volgende persone kontak:
    Louis Smuts: 081 757 0833
    Piet Kleynhans: 083 262 0235
    Koos Odendaal: 082 902 9660
    TABOK TRUST
    #boermedia #taboktrust

Комментарии • 2

  • @user-mk9ut2bj2y
    @user-mk9ut2bj2y Месяц назад

    In Watter gebied is daar n meederheid Afrikaners??
    Omtrent 2000 nuwe Swart dorp gebiede is in Afrikaner grondsgebied (van 1993) aangele. Waar is daar nou n meederheid Afrikaner gebied? Dit is nodig om so n gebied te he voordat daar na Internasionale hof toe gegaan kan word.

  • @danbez7066
    @danbez7066 Месяц назад +1

    dankie vir julle leierskap. ek het geen vertroue in die VF+ nie - klomp narre wie net na hul eie gatte kyk