ROOIVARK

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 6 окт 2024
  • BEMARK JOU BESIGHEID OP ‘N UNIEKE BOERE MANIER!
    Kom maak jou merk by die Vivo Boere Bemarkingsdag wat jaarliks aangebied word ten bate van CVO Skool Vivo!
    Hierdie fantastiese Landbouskou-naweek vind plaas op 12, 13 & 14 Oktober 2023 te Vivo, Limpopo, 12 Oktober is dit die CASMAR Losgoedveiling en 13 -14 Oktober die Landbou-ekspo.
    Die Boerebemarkingsdag is die hartklop van die klein boeredorp Vivo en die hoofbron van inkomste vir die plaaslike skool - CVO Skool Vivo.
    Hierdie geleentheid is ‘n fantastiese bemarkingsgeleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo besigheid te doen. Die Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei t.o.v die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en enige Landbou verwante kwessies.
    Verder bied die Bemarkingsdag geleentheid vir besighede om te netwerk met plaaslike en provinsiale boere op ‘n informele, boeremanier!
    In 2022 het die geleentheid meer as 3 500 besoekers per dag gesien en 150+ besighede wat uitgestal het. Met vermaak vir die hele gesin, is dit ‘n uitstekende geleentheid om sommer ‘n familienaweek van hierdie geleentheid te maak.
    Hierdie jaar sal gaskunstenaars, Prop en Bok van Blerk as hoof gaskunstenaars optree op onderskeidelik Vrydag- en Saterdagaand. Deur die dag sal daar deurgaans vermaak vir oud tot jonk wees. Ons unieke Snuffelmark en Plaas-Proe-Produkte uitstallers van die MammaMall sal enige persoon met graagte laat rondsnuffel. Alle verversing en wegneemetes word verskaf deur lokale skole, kerke en fondse - so help ons die gemeenskap groei!
    Vir 2023 beplan ons weer ‘n Vroue Fees - om die boervrou te vier! Beplanning vir die Vroue Fees is nog in die pyplyn, maar ons beplan sprekers, gaskunstenaars, werkswinkels ens. wat ons vroue sal geniet en besig hou.
    En natuurlik word daar vir boere ‘n uitstekende Landboudemonstrasie - waar hul die nuutste landbou tegnologie, trekkers & toerusting kan kom uittoets. Of kom luister na die boeiende paneelgesprekke wat aktuele sake t.o.v Suid-Afrika se toekoms & Landbou ens. gaan bespreek, aangebied deur Chris Burgess van Landbouweekblad.
    Die VIVO BOEREBEMARKINGSDAG 2023 nooi graag almal - oud en jonk uit, om hierdie trotse boere familie naweek, saam te kom geniet!!!
    #boerebemarkingsdag #vivoboerebemarkingsdag #landbou #vrouefees #kunsvlyt #boereprodukte

Комментарии •