af.wikipedia.org/wiki/Heks_van_Hexrivier; Hier volg die gedig oor hierdie verhaal, geskryf deur S.J. Pretorius:[7] As maanlig oor die berge blink, so wit soos daglumier, dan sien jy oor die rotspunt wink die heks van Heksrivier: Hoog oor die kranse soos 'n mis wat oor die afgrond styg - so hang sy bo die duisternis wat ewig onder swyg. Die storie gaan die jare t’rug nog voor die Grote Trek, kort na die Hugenote-vlug is die verhaal voltrek. Sy was die mooiste in die buurt; hy was van edel bloed; en lang sou dit wel nie geduur’t van hul mekaar ontmoet tot: ,,Ek bemin jou!” en: ,,Ek ook, ,,maar as geluk se pand: ,,gaan pluk die disa teen die rook- ,,blou krans se hoë wand, ,,die disa aan sy lang-lang steel ,,wat oor die rooisand straal, ,,daar uit die dood se bek, sy keel, ,,moet jy vir my gaan haal!” Hy’t haastig oor die werf geloop; sy fluister in sy oor: ,,Ek het jou ewig lief, my Hoop! ,,As ek jou moet verloor…” Hy worstel teen die kronkelpad al langs die kranse op; hier moet hy vastrap, daarso vat, tot by die hoogste top, die top van Liefde en - en Dood. Hy sien die wêreld wyd, dis alles helder, skoon en groot. Toe gaan hy lê: daar splyt die rots, hy sien die disa dans met sagte gloed; hy strek en strek. Maar toe begin die krans te wankel in die dood se bek. Hy stort en gryp die liefdeskroon wat in sy vingers knak; hy hoor die wind se helse hoon- lag, sien verbaas hoe vlak na vlak van lig en skadu bring. 'n Duisend voet daaronder het eers sy val tot stuit gebring waar waters stortend donder. 'n Wagter het sy lyk gekry nog in sy hand die blom; ’t skemer op 'n draagbaar by die voordeur ingekom. Een enkel kreet…toe val sy neer en daarna was sy stom en toe die dae gaan en keer haar sinne wou nie kom. En in haar kamer moes hul haar gedurig binne sluit want elke maannag, skoon en klaar wou sy die berge uit. Soms het sy net sy naam genoem en nagte deurgesnik, of uitgeroep: ,,Ek is verdoem!” Haar oë groot van skrik. Een volmaan-nag het sy ontsnap, en in haar lang rok, wit, die donker bosse ingestap, net van een droom besit: Om hom uiteindelik te vind. Toe op die rotspunt, skerp, staan sy, klein-eensaam soos 'n kind een noodlotstond. Toe werp sy haar die dieptes af na waar haar minnaar wag, waar hy haar wegtrek na die graf en in die waters lag… Nou sê hul, as dit maanlig is, dan sien jy bo die duister iets vorm soos 'n wolk, 'n mis, dan staan sy daar en luister hoe uit die waters soos 'n wonder sy stem styg uit die nag, hoe kom uit windluid klowe onder sy roep weemoedig-sag: ,,Kom hier na my, my soet-beminde, waar mos is, en 'n krans ons wegskuil van die woeste winde wat oral waai. Hier dans die wildeblomme in 'n gloed van lig; kom af na my! Kom af! Dat ons oplaas ontmoet om nooit, nooit weer te skei; maar dag en nag in goud en blou aan warme hart ons druk: ons droewe jeug voltooi, in nou en ewig se geluk!
Incredible! Can't stop listening!
Gorgeous! Oh my whole soul!
Great piece!
oddly enough I found an almost identical motif in the piano melody as in an argentinian tango...
af.wikipedia.org/wiki/Heks_van_Hexrivier;
Hier volg die gedig oor hierdie verhaal, geskryf deur S.J. Pretorius:[7]
As maanlig oor die berge blink,
so wit soos daglumier,
dan sien jy oor die rotspunt wink
die heks van Heksrivier:
Hoog oor die kranse soos 'n mis
wat oor die afgrond styg -
so hang sy bo die duisternis
wat ewig onder swyg.
Die storie gaan die jare t’rug
nog voor die Grote Trek,
kort na die Hugenote-vlug
is die verhaal voltrek.
Sy was die mooiste in die buurt;
hy was van edel bloed;
en lang sou dit wel nie geduur’t
van hul mekaar ontmoet
tot: ,,Ek bemin jou!” en: ,,Ek ook,
,,maar as geluk se pand:
,,gaan pluk die disa teen die rook-
,,blou krans se hoë wand,
,,die disa aan sy lang-lang steel
,,wat oor die rooisand straal,
,,daar uit die dood se bek, sy keel,
,,moet jy vir my gaan haal!”
Hy’t haastig oor die werf geloop;
sy fluister in sy oor:
,,Ek het jou ewig lief, my Hoop!
,,As ek jou moet verloor…”
Hy worstel teen die kronkelpad
al langs die kranse op;
hier moet hy vastrap, daarso vat,
tot by die hoogste top,
die top van Liefde en - en Dood.
Hy sien die wêreld wyd,
dis alles helder, skoon en groot.
Toe gaan hy lê: daar splyt
die rots, hy sien die disa dans
met sagte gloed; hy strek
en strek. Maar toe begin die krans
te wankel in die dood se bek.
Hy stort en gryp die liefdeskroon
wat in sy vingers knak;
hy hoor die wind se helse hoon-
lag, sien verbaas hoe vlak
na vlak van lig en skadu bring.
'n Duisend voet daaronder
het eers sy val tot stuit gebring
waar waters stortend donder.
'n Wagter het sy lyk gekry
nog in sy hand die blom;
’t skemer op 'n draagbaar by
die voordeur ingekom.
Een enkel kreet…toe val sy neer
en daarna was sy stom
en toe die dae gaan en keer
haar sinne wou nie kom.
En in haar kamer moes hul haar
gedurig binne sluit
want elke maannag, skoon en klaar
wou sy die berge uit.
Soms het sy net sy naam genoem
en nagte deurgesnik,
of uitgeroep: ,,Ek is verdoem!”
Haar oë groot van skrik.
Een volmaan-nag het sy ontsnap,
en in haar lang rok, wit,
die donker bosse ingestap,
net van een droom besit:
Om hom uiteindelik te vind.
Toe op die rotspunt, skerp,
staan sy, klein-eensaam soos 'n kind
een noodlotstond. Toe werp
sy haar die dieptes af
na waar haar minnaar wag,
waar hy haar wegtrek na die graf
en in die waters lag…
Nou sê hul, as dit maanlig is,
dan sien jy bo die duister
iets vorm soos 'n wolk, 'n mis,
dan staan sy daar en luister
hoe uit die waters soos 'n wonder
sy stem styg uit die nag,
hoe kom uit windluid klowe onder
sy roep weemoedig-sag:
,,Kom hier na my, my soet-beminde,
waar mos is, en 'n krans
ons wegskuil van die woeste winde
wat oral waai. Hier dans
die wildeblomme in 'n gloed
van lig; kom af na my!
Kom af! Dat ons oplaas ontmoet
om nooit, nooit weer te skei;
maar dag en nag in goud en blou
aan warme hart ons druk:
ons droewe jeug voltooi, in nou
en ewig se geluk!