Sondagoggend Erediens - 27 Oktober 2019
HTML-код
- Опубликовано: 29 окт 2024
- Hebreërs 13:5b (NLV) “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.”
Hebrews 13:5 (AMPC) For God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down.
Volgens Efesiërs 3:20 dien ons ‘n God wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk.
Matteus 7:11 (NLV) “As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!”
Hebreërs 11:6 (NLV) As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.
Genesis 22:1-5 (DB) ’n Ruk hierna wou God vir Abraham toets. Hy het hom geroep en Abraham het gesê: “Hier is ek.” God het toe vir hom gesê: “Vat jou seun Isak, die een vir wie jy baie lief is, en gaan na die land Moria toe. Daar moet jy hom op een van die hoë plekke op een van die berge as ’n brandoffer gaan offer. Ek sal jou daar wys waar jy hom moet offer.” Abraham het niks gesê nie, maar gedoen wat die Here vir hom gesê het. Vroeg die volgende oggend het hy ’n donkie ingespan en die hout vir die brandoffer gekap. Abraham het ook twee slawe saamgeneem, saam met sy seun Isak. Toe is hy weg na die plek wat die Here vir hom sou wys. Op die derde dag het Abraham die plek van ver af gesien. Toe het hy vir sy werkers gesê: “Bly julle hier. Pas die donkie en al ons goed mooi op. Ek en die seun gaan net daar anderkant offer en as ons klaar is, kom ons terug.”
Genesis 22:6-8 (NLV) Abraham sit toe die hout op Isak se skouers. Hy het self die mes en die vuur gedra. Terwyl die twee so saamloop, sê Isak: “Pa?” “Ja, my seun?” antwoord Abraham. “Ons het nou wel die hout en die vuur,” sê die seun, “maar waar is die lam vir die offerande?” “God sal self die lam voorsien, my seun,” antwoord Abraham. So het die twee verder gestap.
Genesis 15:6 (NLV) Abram het op die Here vertrou en die Here het hom as regverdig gereken.
2 Corinthians 5:7 (NKJV) For we walk by faith, not by sight.
Spreuke 18:21 (NLV) Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.
Genesis 22:9-11 (NLV) Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, bou hy daar ’n altaar en sit die hout daarop neer. Hy maak Isak vas en sit hom bo-op die hout op die altaar. Daarna vat Abraham die mes en lig dit op om sy seun as offer aan die Here te slag. Op daardie oomblik roep die engel van die Here na hom uit die hemel: “Abraham, Abraham!” “Ek luister,” antwoord Abraham.
Genesis 22:12-14a (NLV) “Moenie jou hand oplig teen die seun en hom enige kwaad aandoen nie!” sê die engel. “Nou weet Ek dat jy regtig vir God dien, want jy het selfs jou geliefde seun nie van My weerhou nie.” Abraham kyk op en sien ’n ram wat met sy horings in ’n bos vassit. Hy neem die ram en offer dit as brandoffer op die altaar in die plek van sy seun. Abraham het toe die plek genoem “Die Here voorsien”.