DIE DRIE VARKIES
HTML-код
- Опубликовано: 24 авг 2017
- Daar was eenmaal ‘n ma-vark wat drie klein varkies gehad het.
Toe hulle mooi groot was, het sy vir hulle gesê:
Julle is nou te groot om langer hier te bly. Julle moet weggaan en julle eie huise gaan bou. Maar pasop dat die wolf julle nie vang nie!” Die drie varkies het hulle goedjies gevat, hulle ma gegroet en begin stap.
‘n Entjie verder het hulle by ‘n man gekom wat ‘n bondel strooi op sy rug gedra het. Die eerste varkie het gevra of hy van die strooi kan koop en was baie in sy skik toe die man alles aan hom verkoop. “Ons sal sterker huise bou as joune!” het die ander twee varkies gesê. Hulle het hom gegroet en verder gestap. Toe bou die eerste varkie vir hom ‘n huisie van strooi.
Langs die pad het hulle ‘n man ontmoet met ‘n groot bondel stokkies op sy rug. Die tweede varkie was baie opgewonde en het dadelik die stokkies gekoop. Toe bou die tweede varkie vir hom ‘n huisie van stokkies.
Die derde varkie het alleen aangestap. Hy het ‘n man langs die pad gekry en hierdie man het ‘n klomp bakstene gedra. Die derde varkie was ook die slimste varkie en hy het dadelik al die bakstene gekoop. En die derde varkie het vir hom ‘n mooi en stewige huisie van bakstene gebou. Hy het lank daaraan gebou, want dit was ‘n baie sterk huisie.
Toe hy klaar was, was hy baie in sy skik en het gesê: “Nou sal die wolf my nie kan vang en opvreet nie!”
Die volgende dag het die wolf met die pad langs gestap en by die strooihuisie gekom wat die eerste varkie gebou het. Die varkie het vinnig sy huisie se deur gesluit. Die wolf het aan die deur geklop en gesê: “Varkie, varkie, laat my binnekom!” “Nee, nooit!” het die eerste varkie gesê. “Dan sal ek jou huisie omblaas” het die wolf gesê. Hy haal toe diep asem en blaas die strooihuisie om. Die eerste varkie hardloop toe na sy boetie met die houthuisie, en die wolf hardloop agterna.
Toe die wolf by die tweede varkie met die stokkieshuisie aankom, het die tweede varkie vinnig sy huis se deur toegesluit. Die wolf het aan die deur geklop en gesê:
“Varkie, varkie, laat my binnekom!” ‘Nee, nooit!” het die tweedevarkie gesê. “Dan
sal ek jou huisie omblaas” het die wolf gesê. Hy haal toe diep asem en blaas die
stokkieshuisie om.
Toe hardloop die eerste twee varkies na die derde varkie se huis toe en die wolf hardloop agterna.
Toe kom die wolf by die baksteenhuisie aan wat die derde varkie gebou het.
Die varkie het vinnig sy huisie se deur gesluit. Die wolf het aan die deur geklop en gesê: “Varkie, varkie, laat my binnekom!” “Nee, nooit!” het die derde
varkie gesê. “Dan sal ek jou huisie omblaas” het die wolf gesê. Hy het diep
asemgehaal en geblaas en geblaas, maar die baksteenhuisie val nie om nie.
Die wolf was baie kwaad gewees. “Varkies, ek gaan julle nou dadelik opvreet. Ek gaan in die skoorsteen afklim en julle kom vang!” Die varkies was baie bang en het ‘n groot pot water op die stoof gesit om te kook. Wolf het op die dak geklim, by die skoorsteen in en af onder toe. Toe hy amper onder was, het die varkie die deksel van die pot afgehaal en die wolf het pardoems binne-in die kookwater geval. Die derde varkie was te slim vir hom.
Die wolf het weg gehardloop en die Varkies was nooit weer gepla nie.
Die varkies jubel en juig met vreugde omdat die wolf weg gehardloop het.