Die volmaakte Liefde (God) dryf die vrees na buite

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 26 май 2024
  • Die volmaakte Liefde (God) dryf die vrees na buite (1 Johannes 4:18)
    As jy God het, het jy nie nodig om te vrees nie!
    God wil hê ons moet ñ vreeslose, onwrikbare geloof in Hom hê.
    Sy plan vir jou is om voorspoedig te wees - om ñ oorvloedige lewe te hê.
    God het jou lief met ñ ewige liefde. Sy genade vir jou is genoeg.
    Ja, vrees is ñ werklikheid waarmee elkeen van ons worstel, maar dit wat jy doen met daardie vrees, kan na sonde lei.
    In plaas daarvan om vasgevang te word deur die leuen van satan, kies eerder om jou vrees na God te bring, sodat Hy die vrees na buite kan dryf, want Hy het nie vir jou ñ gees van vreesagtigheid gegee nie, maar ñ Gees van liefde, krag en selfbeheersing!
    As jy dus vrees en onsekerheid in die aangesig van gevaar ervaar, onthou dat jou geloof in Jesus jou versekering is dat God ALTYD by jou is. Hy gee jou die krag om jou vrese te oorwin en die moed om standvastig in Hom te bly.

Комментарии •