8 September 2024 Gerco van Deventer

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 7 сен 2024
  • Gerco van Deventer word op 3 November 2017 deur Moslem-ekstremiste in Libië ontvoer. Dit net twee dae ná sy aankoms in die land om as paramedikus op 'n projek te werk.
    Al-Kaïda in Mali hou hom vir ses jaar aan. In die tyd word hy vir agt maande aan 'n boom vasgeketting as straf oor vermorste water. Verder oorleef hy 'n teregstellingspoging met 'n koeëlwond wat sy voorarm versplinter wat hy dan self moet behandel.
    Gedurende sy aanhouding in die woestyn word hy fisies, psigies en geestelik tot die uiterste beproef.
    Sy opleiding as 'n 7 Med-soldaat, sy vrou en kind en sy Christelike geloof dra hom deur die tyd as Suid-Afrikaner wat die langste ooit as gyselaar aangehou is.
    Kom luister hoe hy hierdie ses donker jare oorleef het.

Комментарии •