Spoegwolf - Geel (Official)

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 25 ноя 2017
  • © Spoegwolf (PTY) LTD, 2017
    Original Song by Danie Du Toit
    Original Music by Spoegwolf
    Produced by Spoegwolf & Jürgen Von Wechmar
    Director: Chris von Wielligh
    Assistant Director: Danie du Toit
    DOP & Camera Operator: Hugo Brand
    Editing & Colour Grade: Chris von Wielligh
    Cast:
    Spoegwolf
    Marguerite van Eden
    Bouwer Bosch
    Spoegwolf is:
    Danie du Toit
    Albert van der Merwe
    Chris von Wielligh
    Moskou du Toit
    Spesiale Dankie aan:
    Areyeng Rentals, Zootee Studios, Hugo Brand, Bouwer Bosch, Ionia Cherry Farm, Mango Airlines.
    Ek het jou ontmoet
    in al daai geel
    jy’t daai doos by jou gehad
    ja, die een wat my nagemaak het
    en ek moes speel
    oor al my swart
    die slaaploopdroom wat my rug ophou
    die ding wat my my lewe lank dophou
    en nou vir jou
    bou jou lewe bo my
    hoog genoeg dat die donker jou nie kry nie
    Julie
    kan ek weer begin voor al daai geel?
    jy't dit als op jou gesit
    gesê dat ons net uitgedink is
    en volg jy in al my swart
    op die wolktrappad wat my wakker hou
    die ding wat ek my lewe lank dophou
    maar nou vir jou
    bou jou lewe bo my
    hoog genoeg dat die donker jou nie kry nie
  • ВидеоклипыВидеоклипы

Комментарии • 363

  • @christocoertzen1615
    @christocoertzen1615 5 лет назад +28

    Dit is vir my skokkend hoe baie afrikaners nie van afrikaanse musiek hou nie. Luister net hierna! Hoe kan enigeie afrikaner dit nie like nie?

    • @michaelcampher5531
      @michaelcampher5531 Год назад +1

      Dis die waarheid

    • @jacquesleroux1689
      @jacquesleroux1689 2 месяца назад +1

      Wel jy kry Afrikaanse musiek (doef-doef-doef, baby dans met my), en dan kry jy Afrikaanse musiek soos hierdie. :)

    • @ABird971
      @ABird971 Месяц назад

      @@michaelcampher5531 Ek ken nie 'n Afrikaner wat nie van Afrikaanse musiek hou nie.

    • @tiaanfourie7115
      @tiaanfourie7115 18 дней назад

      @@ABird971 Ek doen nie. Ek kan op my 1 hand tel na watse afrikaanse kunstenaars ek na luister. Soos wat @jacquesleroux1689 hierbo gese het, daar is afrikaanse musiek, dan is daar Afrikaanse musiek.

  • @Frlja
    @Frlja 3 года назад +31

    1. Wanted to type Feel to listen to Robbie Williams
    2. Mistyped Geel
    3. Came here
    4. Stayed, liked.

  • @rohan01ify
    @rohan01ify Год назад +29

    Love from India.Cant Understand the lyrics.But already felt at home while listening to 3rd song of this band.

  • @leudeduvivarais6855
    @leudeduvivarais6855 4 года назад +33

    From France, my dear Boer brothers ❤️

    • @kobusbronn4676
      @kobusbronn4676 2 года назад +1

      Come visit, you'll have a great time!

    • @heinheath7867
      @heinheath7867 2 года назад +1

      Also in southern France... Nostalgic

  • @VonBlixem
    @VonBlixem 6 месяцев назад +7

    Afrikaans is my bloed en die song is deel van ons bloed ! So n mooi liedtjie. My werk het my oral in die wêreld gevat en ander lande gewoon maar ek " Ons vir Jou Suid Afrika" !

  • @svenmehauden5317
    @svenmehauden5317 2 года назад +59

    Pure poezie, gewoon zo mooi, daarom is deze muziek voor eeuwig. Vlaanderen wacht op jullie

  • @wurstwasserverkostermeisterei
    @wurstwasserverkostermeisterei 4 года назад +217

    Don't unterstand a word, but i still love this song! Makes me wanna visit SA. Great song, great Video. Greetings from Switzerland

    • @turbocpt1
      @turbocpt1 3 года назад +25

      Glad to hear that. But I suggest you hold on until our fucked-up government get their shit sorted, then you must come visit and we can go for a beer.

    • @wurstwasserverkostermeisterei
      @wurstwasserverkostermeisterei 3 года назад +13

      @@turbocpt1 pretty much every government is fucked up right now

    • @wurstwasserverkostermeisterei
      @wurstwasserverkostermeisterei 3 года назад +3

      @@celinejvr7 wow, thanks for the info. She is a beauty. Will definitely listen to your suggestions

    • @forwhatitswerth4506
      @forwhatitswerth4506 3 года назад +2

      @@wurstwasserverkostermeisterei some just more than others, but yes

    • @bendekooker1526
      @bendekooker1526 3 года назад +2

      Yes its beautifull here and you should visit the tradition and culture is amazing

  • @ivodepivo21
    @ivodepivo21 Год назад +6

    Spoegwolf kom naar Nederland asjeblieft!

    • @Spoegwolf
      @Spoegwolf  Год назад

      13 Augustus by Melkweg in Amsterdam! Kaartjies is nou beskikbaar

    • @ivodepivo21
      @ivodepivo21 Год назад

      @@Spoegwolf owh vet, echt waar!?
      Ik ben er bij.... 🥳🥳🥳🥳

  • @reubenmcgluwa3566
    @reubenmcgluwa3566 Год назад +16

    Kan ń kleurling ook van die musiek hou? Want ek doen😅

    • @sebastiaanduplessis9984
      @sebastiaanduplessis9984 2 месяца назад

      Hey comment bietjie die girl is so Plat op die aarde en luister jou musiek ....
      Show love my friend

    • @christelledutoit656
      @christelledutoit656 2 месяца назад +1

      Natuurlik!! Goeie musiek ken geen grense nie... óf dit praat met jou, of nie. Maar hierdie doen dit net v my!!!

    • @riaanolwage2931
      @riaanolwage2931 Месяц назад +1

      Natuurlik!!Jys dan n genuine afrikaner kleurling😂

    • @martinbreytenbach7617
      @martinbreytenbach7617 Месяц назад +1

      Sien nou jou boodskap....musiek het geen kleur.....dit praat in enige taal met enige men's......

    • @wikusb8859
      @wikusb8859 Месяц назад

      @@sebastiaanduplessis9984 Marquerite Van Eeden, sy was Danie se verloofde , sy is in meeste van hulle music videos. Sy is ook n bekende Afrikaanse aktrise.

  • @eyeofhorus2827
    @eyeofhorus2827 3 года назад +185

    So mooi dit laat my siel pyn. Ek mis my land en my mense.

    • @rssd5169
      @rssd5169 3 года назад +11

      Ek virlaat die land in 2 jaar en ek weet ek gaan dit mis, die taal, die musiek, die alles

    • @juandreleroux5242
      @juandreleroux5242 3 года назад +18

      Kom huis toe. Ons mis jou ook. Niks beter as SA nie.

    • @bzaden
      @bzaden 3 года назад +15

      5 jaar nou in Engeland en ek kan myself maak huil op command on net oor Suid Afrika the dink

    • @Bobthebuilderchest
      @Bobthebuilderchest 3 года назад +6

      2 years germany...

    • @bytejuggler
      @bytejuggler 3 года назад +8

      @@bzaden Sterkte. Dis iets wat mens net verstaan as jy dit self gaan doen het en gaan bly het op 'n ander plek, as "ausländer". En glo my daardie gevoel verlaat jou nooit regtig nie (was 20 jaar in Engeland)

  • @renabrown2946
    @renabrown2946 2 года назад +7

    Ek is verslaaf aan my land, S A en sy mense. Sing oor sy Gimmie liefde.

  • @quintonthomas1804
    @quintonthomas1804 2 года назад +2

    Trots AFRIKAANS IN MY BLOED,AFRIKAANS IS GROOT,AFRIKAANS MY MOEDERTAAL.PRAGTIG SPOEGWOLF

  • @cote_live8554
    @cote_live8554 3 года назад +31

    Dankzij Die Antwoord ken ik nu Fokofpolisiekar en spoegwolf. Erg jammer dat de Nederlandse taal en Afrikaans zo erg op elkaar lijken maar er geen coverage is van SA bands in Nederland

    • @vickyvanrooyen8514
      @vickyvanrooyen8514 2 года назад +1

      Dude, moenie bekommer nie...ons verstaan jou. Afrikaanse musiek is maar net wonderlik

    • @kobusbronn4676
      @kobusbronn4676 2 года назад +1

      Kom kuier hier in SA

  • @bereshit.ben.bo.yeshua5518
    @bereshit.ben.bo.yeshua5518 3 года назад +25

    leuke band, ik kon jullie nog niet groeten van Nederlander in Noorwegen ;)

  • @e-jpretorius159
    @e-jpretorius159 4 года назад +7

    Sieker een van die beste Afrikaanse songs!!

    • @Spacekriek
      @Spacekriek Год назад

      Beslis mooi maar kom ons praat liewer van liedjies of liedere, ons is mos lief vir ons taal.

  • @strijdombadenhorst6100
    @strijdombadenhorst6100 5 лет назад +202

    Ma: Sit die musiek af
    Ek: Hoekom?
    Ma: Ons het groter speakers onder!

  • @Wall1s_
    @Wall1s_ 4 года назад +104

    It is 00:20 am on 11 March 2020 and I am in London. I have just added a further 50-ish views to your view count. The song, the melody, the harmonica, the lyrics and your voice is very moving.
    Thanks for this, I had a shitty day.

    • @Wall1s_
      @Wall1s_ 4 года назад +11

      It’s now 08:13am the next morning, 11 March 2020. I’ve just added another 25-ish views to your view count. I’ve never owned or bought Afrikaans music - I do now.

    • @BIGG-BALGRUF
      @BIGG-BALGRUF 4 года назад +1

      @@Wall1s_ you should listing to jo black and roan ash. Both are good.

    • @brandonswart3698
      @brandonswart3698 4 года назад +1

      Hope they could make your day better that side of the world my friend. This is awesome music! Afrikaans is lekker man!

    • @thelostsouthafricanrider6667
      @thelostsouthafricanrider6667 3 года назад +1

      @Wallis another Afrikaans singer with and good voice - Theuns Jordaan
      Should give his music a try too.

    • @durkjedevilliers8062
      @durkjedevilliers8062 3 года назад +3

      @Wallis listen to Jan Blohm. 👌🏻👌🏻🤟🏼 and Francois van Coke

  • @shilohnoone4632
    @shilohnoone4632 4 года назад +15

    Rolling Stone award winning author , I will play this group on my radio show - Shiloh Noone

  • @amgxpat
    @amgxpat 4 года назад +59

    Howdy from Texas - LOVE the sound

    • @louisnel9765
      @louisnel9765 3 года назад

      Howdy from South Africa. I have a cousin in Texas. ☺

    • @k.k8247
      @k.k8247 3 года назад +1

      @C G heyyy moenie n doos weesi

    • @albertdiedericks6227
      @albertdiedericks6227 3 года назад +1

      @C G moet jy nou 'n doos wees?

  • @WihanStemmet
    @WihanStemmet 6 лет назад +272

    1- Sien nuwe Spoegwolf video is online.
    2 - Los alles waarmee ek besig is en gaan kyk
    3 - Wees amazed soos met al die ander tevore
    4 - Luister dit op 'repeat' vir ten minste 4 keer
    Julle ouens is regtig 'n plesier om na te luister.
    Die toekoms van goeie Afrikaanse musiek is veilig in julle hande.

    • @kcgericke
      @kcgericke 6 лет назад +3

      Ek staan seker al op 32 keer

    • @WihanStemmet
      @WihanStemmet 6 лет назад +7

      Die 4 was darem in die eerste uur
      :-)
      En terwyl ek dan nou anyway hier is...

    • @hannessmall5828
      @hannessmall5828 5 лет назад +3

      HOU OP JOU TAAL MENG

    • @marcoscholtz
      @marcoscholtz 5 лет назад +4

      Ek is steeds op die repeat storie. Staan op 143 plays teen nou

    • @simoneschoeman4133
      @simoneschoeman4133 4 года назад +1

      Lekker Eisbein

  • @zandeleedeswardt34
    @zandeleedeswardt34 2 года назад +16

    ❤️ This song reminds me of feeling at home and at peace with myself

  • @curiousinvestigator9567
    @curiousinvestigator9567 3 года назад +1

    Dalk die beste Afrikaanse song ooit

  • @JacquesBotha11
    @JacquesBotha11 3 месяца назад +1

    Awesome song credit vir julle almal, ons mense en ons land is als.

  • @elsiescriven9672
    @elsiescriven9672 4 года назад +4

    Spoegwolf sing oor dinge wat saakmaak en diep raak. Liefde uit NZ.

    • @MrFireblade74
      @MrFireblade74 Год назад

      I listen to them here in Australia, enjoy their music!

  • @Xero8.8
    @Xero8.8 Год назад +3

    Volgens my die beste Suid Afrikanse band wat 100% pure is. Julle is net julle. Amazing!! Hang aan julle lippe

  • @theflammiferofwesternesse6122
    @theflammiferofwesternesse6122 3 года назад +10

    Ons meot vir mense moderne Afrikaanse musiek uitwys! Fokkit, ek doen elke dag, want dis so uniek.

  • @bytejuggler
    @bytejuggler 3 года назад +6

    Ouens, bly nederig, bly fantasties. Puik, uistekend, doe so voort.

  • @arnoldserfontein5712
    @arnoldserfontein5712 Месяц назад

    Ooooo ek is lief vir my taal en kultuur.Afrikaans❤

  • @frxnlab
    @frxnlab 2 года назад +16

    Elke keer as ek luister raak die spasie tussen 1:45 en 2:00 'n miljoen jaar en 'n miljoen herinneringe lank

  • @nickyvanvuuren2180
    @nickyvanvuuren2180 Год назад +14

    As ek na die views kyk wat op 4.6 milljoen staan wonder ek oor die 44 wat Afrikaans praat en verstaan.

    • @777Scottman
      @777Scottman Год назад +1

      Don't pay any attention to Tjalies Tron.

  • @toscabrutus1781
    @toscabrutus1781 Год назад +1

    Dit roer my hartsnare en buig my gedagtes!

  • @mjscholtz1314
    @mjscholtz1314 6 лет назад +84

    Dit raak net beter elke keer.
    Spoegwolf is letterlik my spirit band.
    Dankie

  • @petronelbaard
    @petronelbaard 3 года назад +2

    Lieflik - jul maak ons (Afrikaanse) harte so bly. Mooi en dankie! 🌺

  • @alrumuller9300
    @alrumuller9300 4 года назад +2

    Die song laat my voel of al my lewenskeuses verkeerd was.

  • @julietdrozdz7016
    @julietdrozdz7016 4 года назад +1

    Sien julle by die Kaasfees! Wat n eer............wonderlike wonderlike Afrikaans

  • @louispeterfundi1606
    @louispeterfundi1606 2 года назад

    Dis die beste klank uit SA in 30 jaar

  • @user-dp5yi9gq5l
    @user-dp5yi9gq5l 7 месяцев назад

    4 jaar nou en elke keer wat ek die song luister dink ek aan my land! Jul is die land as ons nie in die land is nie! Hoop ek kan jul eendag weer sien in Clarens in die modder!!

  • @arnauvanachterbergh7112
    @arnauvanachterbergh7112 6 лет назад +16

    Hey boys... Oortuig daarvan dat Spoegwolf dit groot gaan maak. Julle musiek is great, verfrissend... Trendsetters.
    Ek dit al amper 'n week in Jakarta, Indonesië. Nou verlang ek eers huistoe. Dis amper soos mense met wie ek praat by die huis, dan vertel hulle my van die kos wat hulle eet... Dis rof. 😀

  • @lourensdriemeyer761
    @lourensdriemeyer761 4 года назад +5

    die beste band in die land hands down

  • @franzgrabe1
    @franzgrabe1 5 лет назад +19

    julle gee my hoop vir sa musiek!!!!

  • @WillieJu
    @WillieJu 3 года назад

    Nog steeds in 2021 - BE _FOK !!!! Julle is GREAT !!!

  • @machielnel934
    @machielnel934 3 года назад +1

    Die song praat met my op maniere wat ek nie gedink het moontlik is nie..... Wow, fantasties.

  • @gertbuitendach6515
    @gertbuitendach6515 8 месяцев назад

    10/10 dit is vreeslik mooi ek hoop hulle sing nog so mooi liedjies

  • @theresalourens4534
    @theresalourens4534 Год назад +1

    Ek luister en kyk en luister en kyk... Non stop. Na al jul Musiek ❣️

  • @zettiemalan6785
    @zettiemalan6785 2 года назад

    Julle show gister by Railways was so ongelooflik. Love julle ouens en jul musiek baie

  • @DanieHanekom
    @DanieHanekom 3 года назад

    Nog nooit gehoor van julle nie. Heel toevallig op dit afgekom, blerrie goeie musiek.

  • @151164ms
    @151164ms Год назад +2

    Love jou Danie & jou band!! Die klanke resoneer met my ❤

  • @louispeterfundi1606
    @louispeterfundi1606 2 года назад +1

    Dis waarlik die beste!

  • @allcapsguy5629
    @allcapsguy5629 4 года назад +1

    Hulle het ons Afrikaner erfenis by ons weg gevat en baie kinders weet nie meer wat dit beteken om ñ Afrikaner te wees nie, MAAR, musiek soos hierdie form ñ deel van ñ nuwe erfenis wat ons herhinder net WIE en WAT ons is! Hou aan met die goeie werk manne!💓💟💖

  • @elizabethdupreez8172
    @elizabethdupreez8172 4 года назад +6

    BAIE BAIE GELUK MET 1 MILLION 🙌🙌🙌

  • @____1019
    @____1019 4 года назад

    Dis vir my die beste nuutste Afrikaanse musiek, maar die lirieke maak nie heeltemal vir my sin met die geel nie... Maar wat dit mooi maak is dat net "persoon-ek" en Julie sal weet wat die geel is waar julle ontmoet het... dit maak dit bietjie meer privaat en persoonlik.

  • @eddievanrooyen5422
    @eddievanrooyen5422 3 года назад +4

    2 jaar later en die liedjie is nogsteeds befok of wag...alles van Spoegwolf is befok!

  • @Fres-no
    @Fres-no 8 месяцев назад

    Daai Doos!

  • @and1111000
    @and1111000 5 лет назад +1

    Proudly South African. Wish we could home. Lekker musiek :)

  • @eonrot
    @eonrot 6 лет назад +1

    Een van daai songs wat my vir n wyle oorvat, kan nie genoeg kry nie.........

  • @nicksvanderlinde5163
    @nicksvanderlinde5163 Год назад

    Spoegfolf jy is die beste

  • @gerrielerm1929
    @gerrielerm1929 3 года назад

    Dankie baie vir vrydag aand op 23 April 2021 dit was ń lekker aand

  • @Fres-no
    @Fres-no 9 месяцев назад

    CLASSIC claccis! AF!

  • @fusionfire-za
    @fusionfire-za 2 года назад +2

    sjoe jy het n awesome stem...awesome buddy

  • @abrespangenberg6809
    @abrespangenberg6809 7 месяцев назад +2

    Woorde kan ni beskryf wat ek wil se ni. Meskien 1 dag sal my mense wakker skrik. Probleem is dt sal te laat wees. Dis kla te laat

    • @MrSucceess
      @MrSucceess 4 дня назад

      Ek weet nie wie jy is nie MAAR DITS NOOIT TE LAAT OM TE PRAAT. Vir die wat met die verwyte en skuld moet deel, VRA ek jou bedink en besin. JY IS KOSBAAR EN WAARDEVOL. Liefde

  • @mjscholtz1314
    @mjscholtz1314 6 лет назад +15

    Dit raak net beter en beter met elke nuwe ding wat julle uit bring. Spoegwolf is letterlik my spirit band, als wat ek eendag wil wees. Dankie julle. ❤️

  • @hardushelm6268
    @hardushelm6268 4 года назад +2

    Jyt dai doos by jou gehad

  • @nikitabritz1138
    @nikitabritz1138 5 лет назад +4

    Hoendervleis die hele liedjie deur gehad

  • @allendix5234
    @allendix5234 5 лет назад

    Plain afrikaanse song en dit is wat dit so fantasties maaaaaakkkkkk!!!!!!!!!!!!!

  • @dominiquejoubert9395
    @dominiquejoubert9395 4 года назад +2

    die videos maak my homesick

  • @bidibibip
    @bidibibip 6 лет назад +1

    love love love love love!!!!!!

  • @hendrikventer9319
    @hendrikventer9319 2 года назад

    Die 387 mense wat hierdie song 'n thumbsdown gegee het, het geen siel nie. Dankie vir hierdie great musiek!

  • @carlischmidt1644
    @carlischmidt1644 6 лет назад +2

    next level!! my fave

  • @ingedagte
    @ingedagte 4 года назад +4

    Oudiovisuele prag. Wel gedaan spoegwolf!

  • @wednesday3845
    @wednesday3845 5 лет назад +10

    Dit en blou is heeldag elke dag in my kop, luister dit so baie eks seker selfs my honde ken al die woorde

  • @esmeheunis4398
    @esmeheunis4398 5 лет назад +3

    beautiful!

  • @ddiva2410
    @ddiva2410 3 года назад +1

    My BOETIE het hulle vir my ge speel my gunstuling

  • @Jenniper81
    @Jenniper81 6 лет назад +3

    Absolutely Beautiful xxx

  • @deonvanzyl7970
    @deonvanzyl7970 5 лет назад +1

    Slaag die toets van talent: eie woorde, eie styl. Gaan voort. Ons luister.

  • @tilla171
    @tilla171 Год назад

    Love julle musiek..dit praat met my. Hou so aan

  • @topgforever665
    @topgforever665 11 месяцев назад

    Best of the best,my heroes

  • @theresalourens4534
    @theresalourens4534 Год назад

    Immergroen 💚

  • @jimmy197702
    @jimmy197702 5 лет назад +4

    love die connection met julle videos > die mooi girl etc ... dankie!

  • @PierreWheeler
    @PierreWheeler 4 года назад +2

    Hoendervleis tot onder my kleintoon!

  • @erikpieterse1721
    @erikpieterse1721 2 года назад

    Wereldklas manne. Wereldklas!

  • @151164ms
    @151164ms 2 года назад +1

    Love you guys ❣️❣️❣️

  • @juliajoubert2900
    @juliajoubert2900 4 года назад

    Amazing !!!!!

  • @gwenvdbergh
    @gwenvdbergh 3 года назад +1

    Amazing! Vrek eks mal oor julle!!

  • @RowLean
    @RowLean 6 лет назад +12

    Beautiful visual story!

  • @isabellakarinvanbreda5735
    @isabellakarinvanbreda5735 3 года назад +1

    Eiteindelik kan ek se dat ek van Afr musiek hou hierdie is fantasties verby!

  • @jeffreysbayprimary1282
    @jeffreysbayprimary1282 6 лет назад +2

    Goeie werk ouens!

  • @MienaGroenewald-lq8fo
    @MienaGroenewald-lq8fo 11 месяцев назад

    Hierdie ou kan maar met liefde nogmeer songs skryf

  • @ljtheman7875
    @ljtheman7875 9 месяцев назад

    Mooi so mooi

  • @berndrutkowski548
    @berndrutkowski548 4 года назад +4

    Soooo Talentvol. Ek glo hul weet dit, maar ek moet dit net se. Julle is amazing!

  • @jimmy197702
    @jimmy197702 5 лет назад +4

    Love die song en die triplet fills saam met die drummer DRUMMER JY IS AWESOME!

  • @hendrikruger1026
    @hendrikruger1026 6 лет назад +1

    Awesome!

  • @leanadeklerk8882
    @leanadeklerk8882 6 лет назад +8

    Ag pragtig, soos almal!

  • @adriaanlouw8070
    @adriaanlouw8070 4 месяца назад +1

    Trots om Afrikaans te wees 🇿🇦

  • @trevorpienaar7979
    @trevorpienaar7979 3 года назад

    Hou so aan tjommas! Goeie nommer! Wens net die BD het gematch maar dis seker persoonlik! Wel gedaan!

  • @wesselheymans907
    @wesselheymans907 6 лет назад +5

    Dankie vir uitstekende musiek ek love julle my hele vriendekring luister julle musiek SPOEGWOLF julle is amazing verbyyy

  • @mariusgerneke5264
    @mariusgerneke5264 6 лет назад

    Cranc hom op my Technices. Kan nie ophou luister! Welldone.

  • @denzilnovember170
    @denzilnovember170 Год назад

    Freakn amazing

  • @brasimusic9352
    @brasimusic9352 4 года назад +4

    Sharp song Man. Thanks for Sharing. Kindest Regards BRASI ... Keep em Rolling brother.

  • @altaels4493
    @altaels4493 2 года назад

    Bitter baie mooi!!

  • @schalkferreira3060
    @schalkferreira3060 6 лет назад +7

    Dit begin waar Noorde se video opgehou het! Dis soooo cool, love dit ouens!