Stap die vinnige pad saam met Jesus - Stephan Joubert, 26 November 2017 VM
HTML-код
- Опубликовано: 24 янв 2025
- TEMA: Vat die vinnige pad saam met Jesus
TEKSTE: Gedeeltes uit Markus
1. KEN DIE VERSKIL TUSSEN DRINGENDHEID EN GEJAAGDHEID - SOOS JESUS.
• Gejaagde mense rus nadat hulle vir die Here gewerk het, maar dringende mense dien Hom en ander vanuit hulle rus.
• Gejaagde mense werk vir die Here, maar dringende mense leef vir die Here.
• Gejaagde mense verstaan hulle lewe in terme van take wat vir die Here afgehandel moet word. Dringende mense word egter gemotiveer vanuit 'n diep innerlike oortuiging van hulle liefde vir die Here. Dankbaarheid teenoor Hom, nie plig nie, dryf hulle aan.
• Gejaagde mense se werk is nooit klaar nie. Daar is altyd nog ‘n gebed, nog ‘n besoek, nog ‘n vergadering. Hierteenoor weet dringende mense hulle is in die Here se diens. Dienend en rustig wys hulle vir ander die beste plekke uit daar aan Jesus se voete.
• Gejaagde mense sit opgeskeep met baie skuldgevoelens oor alles wat hulle nog moet doen. Dringende mense het groot vryheid in Christus. Hulle probeer nie alles vir almal wees nie. Dit maak vir hulle meer saak dat die Here met hulle tevrede is, as dat mense van hulle hou.
• Gejaagde mense blink uit in beheer en kontrole om almal in die "boks" te hou en tot aksie aan te spoor. Hierteenoor is dringende mense verhouding-aangedrewe.
2. JESUS IS ALTYD DRINGEND AAN DIE BEWEEG - NA MENSE TOE OM HULLE TE RED EN NUUT TE MAAK
Bose magte gee haastig pad as Jesus met dringendheid opdaag.
Markus 1:21-28 (NAV)
Onreinheid gee haastig pad wanneer Jesus se deernis Hom dring om in die melaatse se lewe in te stap en hom te reinig.
Markus 1:40-45 (NAV)
Sondaars word gered as Jesus in hulle spasie inbeweeg.
Markus 2:13-17 (NAV)
Bang dissipels se vrees verdwyn en verlore plekke word bereik as Jesus dringend na hulle loop.
Markus 6:45-56 (NAV)
3. JESUS LOOP HOMSELF DOOD TEEN DIE KRUIS, MAAR …
As Seun van die mens is Jesus dringend op pad na die kruis as ’n plek van lyding en dood. Hy verwag van sy volgelinge om hulle kruis op te neem en agterna te loop. Die Jesus-lewe is een van navolging. Dit vra dat ons al die pad op Jesus se roete bly, ook al gaan ons saam met Hom kruis toe.
Markus 8:27-38 (NAV)
4. DIE JESUS-LOOP GAAN VOORT ANDERKANT DIE LEË GRAF
Jesus se werk is nie klaar wanneer die kruis kaal en die graf leeg is nie… Die engel roep die dissipels op om in te val by Jesus. Hy is reeds ’n reis voor ons, omdat Hy die dood oorwin het, maar Hy is steeds op die pad na Galielea toe. Ons moet inval en Hom volg.
Markus 16:1-9 (NAV)