Tumi Morake oor apartheid

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 8 сен 2024
  • Tumi Morake, ontbytaanbieder by Jacranda FM, het haarself Woensdagoggend verdedig oor opmerkings wat sy Dinsdag op die program oor wit mense gemaak het.
    Die klankgreep van wat sy gesê het wat sommige luisteraars warm onder die kraag gehad het, is weer Woensdagoggend gespeel.
    Morake het Dinsdag onder meer gesê swart mense is tydens apartheid afgebreek, maar nooit werklik opgebou nie. “Daar is net gesê almal is een en dat almal nou moet deel. Dis soos wanneer ‘n boelie ‘n ander kind se fiets wegvat en die boelie daarna toegelaat word om die fiets met die ander kind te deel. Dan was daar mos geen vergelding vir die ander kind nie en die boelie word eintlik beloon.”
    Die vakbond Solidariteit het Morake op grond van hierdie uitlating van rassisme bestempel en gaan nou ‘n klag teen haar by Jacaranda FM indien. Haar uitlatings het ook wye reaksie en verontwaardiging op sosiale media ontlok.
    Morake het egter Woensdagoggend gesê sy sal nie terugtrek wat sy gesê het nie. “Mense wil nie oor apartheid praat nie. Ek het net woede verduidelik en hoekom ons steeds oor apartheid en ras moet praat. Dis onregverdig dat mense my ‘n rassis noem. Mense beskuldig my nou dat ek sou gesê het wit mense moet gestraf word, maar ek het dit nooit gesê nie. Ek neem aanstoot, ek is nie ‘n rassis nie. Almal het die reg tot vryheid van spraak.”

Комментарии •