Rympies vir kleuters ▶ gediggies en rympies vir kleuters in Afrikaans
HTML-код
- Опубликовано: 11 янв 2025
- As jy vir jou kind Afrikaanse gedigges / Afrikaanse rympies wil leer, is jy by die regte plek! Hierdie kort video word toegewy aan 'n paar van die gewildste Afrikaanse rympies. Die kinders sal sommer maklik die Afrikaanse gediggies lees en saam opsê. Ons het oulike prentjies wat saam met die Afrikaanse gediggies / Afrikaanse rympies gewys word sodat jou kind ook die assosiasie kan maak van wat in die gediggie gebeur. Daar is nie baie Afrikaanse gediggies vir kleuters op die internet nie en hierdie versameling van Afrikaanse rympies vir kleuters sal handig te pas kom in die klaskamer of sommer net by die huis.
Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen die rympies gereeld met jou kind! Jy sal verbaas wees om te sien hoe gou die kleuters hierdie rympies onder knie kry. Ideaal vir rympies opsê in die klaskamer of vir Ouma en Oupa!
As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders!
Subscribe hier: www.youtube.co...
Loer na ons webtuiste met al ons videos! www.stegosauruslearning.co.za
Ons is ook op Facebook - volg ons daar:
/ stegosauruslearning