LB 506 Op Berge en in Dale
HTML-код
- Опубликовано: 30 янв 2025
- LB 509 Op Berge en in Dale
Op berge en in dale
en oral is my God;
waar ons ook telkemale
mag swerwe daar is God!
Waar ons gedagtes swewe of styg, ook daar is God;
omlaag en hoog verhewe -
ja, oral is my God.
Sy troue vaderoë
sien alles van naby;
ons leef uit sy vermoë -
word deur sy Gees gelei.
Die swaeltjies behoed Hy,
beklee met gras die dal;
die kleinste wurmpie voed Hy, sorg vir die groot heelal.
Die diere op die aarde,
die visse in die see,
die mossie en die arend,
die blomme, veld en gee,
met al sy ander werke,
verkondig dag en nag
sy goedheid sonder perke;
die grootheid van sy mag.
Roem Christen, heel my lewe is veilig in my God;
waar alles my begewe, of waar ek ly, is God; waar troue vriendehande nie red nie daar is God; selfs in die dood se bande - ja, oral is my God!
Teks: CC Sturm 1740-1786: Op Bergen en in Dalen, gewysig Gerjo van der Merwe 1978; gewysig 2001
Melodie Cornelis de Pauw: 1806
Harmonisasie: Werkgroep Kerkmusiek UOVS 1978