🎶 Vyf Vet Worsies Tel Rympie met Tannie Bianca | Lekker Afrikaanse Aksie Liedjie vir Kinders!

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 18 май 2024
  • In hierdie video sing ons die Afrikaanse weergawe van die gewilde kinderrympie "Five Little Hot Dogs Frying In a Pan" met aksies en kleurvolle animasies. Sluit by my aan terwyl ons saam sing en die vyf vet worsies in die pan aftel. Dit is 'n fantastiese manier vir kinders om syfers te leer, te oefen om te tel en 'n heerlike saamsing-ervaring te geniet.
    🎵 Sing en tel saam met my:
    Volg my aksies op die skerm
    Geniet die kleurvolle animasie
    Tel af van vyf tot nul met die worsies
    ✨ Voordele vir kinders:
    Ontwikkel telvaardighede
    Verbeter geheue en retensie deur musiek
    Moedig aktiewe deelname en prettige leer aan
    Hierdie video is die begin van 'n nuwe "playlist" op my kanaal - Afrikaanse Rympies! Ek gaan al my nuwe en vorige rympies in die "playlist" oplaai sodat julle hul kan geniet sonder enige onderbrekings.🌭🎤✨
    #rympie #afrikaans #kinder
    ______________________________________________________________________
    Welkom mammas, pappas en maats by Afrikaans is Pret! Vir interaktiewe Afrikaanse kinderliedjies, lesse en stories het julle die regte plek gevind. As 'n besige mamma is dit moeilik om gereeld kans te kry om aan videos te werk, maar ek probeer my bes om minstens een keer 'n maand 'n nuwe video uit te bring - so subscribe asseblief aan my kanaal sodat julle kan sien wanneer ek weer iets nuut uitbring!
    Julle kan my ook volg op my facebook ( tanniebianca) of Instagram ( / tannie_bianca )
    Afrikaans is Pret se fokus is op gesonde ontwikkeling vir kinders en om die taal, Afrikaans, te bevorder en hoog te hou met ons jeug. Daar is so baie wonderlike engelse kinder videos op RUclips, soos Ms. Rachel en Super Simple Songs, amper te veel om van te kies... maar vir ons afrikaanse kinders is daar maar min. Ek, as 'n mamma wat net die beste vir haar kind wil hê, het toe besluit om afrikaanse videos vir kinders te maak sodat ek ander afrikaanse mammas en pappas kan help om ons wonderlike taal aan die gang te hou en seker te maak ons kinders leer, speel en geniet Afrikaans... want... AFRIKAANS IS PRET!
    Kom ons help mekaar om Afrikaans te bevorder!

Комментарии •