🎶 Borsel Jou Tande met Tannie Bianca | Unieke Prettige Afrikaanse Kinderliedjie oor Tandhigiëne! 🦷
HTML-код
- Опубликовано: 22 ноя 2024
- 🎶Kom sing en dans saam met Tannie Bianca op hierdie unieke afrikaanse kinderliedjie oor Tandhigiëne! | 🦷Prettige Tandhigiëne Musiek vir Kinders!
Op soek na 'n prettige en innemende manier om jou kinders te leer hoe om hul tande te borsel? Hierdie unieke Afrikaanse kinderliedjie is perfek vir jong kinders om die belangrikheid van tandhigiëne op 'n vreugdevolle en onvergeetlike manier te leer! Sluit by my aan terwyl ons sing en dans op hierdie lewendige wysie wat tandeborsel 'n prettige daaglikse roetine maak. Perfek vir kleuters en kinders van alle ouderdomme!
Vir diegene wat wil saamsing, hier is die lirieke:
In die oggend vroeg as ek eers opstaan
Voor ek aantrek of na my kleuterskool gaan
In die aand voor ek slaap en af dryf na droomland
Voor klaasvakie kom en my ogies strooi vol sand
Koor:
Borsel jou tande twee keer 'n dag
Dit hou hul gesond en gee 'n mooi glimlag
Kom ons herhaal dit weer
In die oggend vroeg voor ek my gesig was
Voor ek pap eet of gryp na my kleuterskool tas
In die aand na ek bad en slaapklere aantrek
Voor 'n storie en voor ek gaap en my arms strek
Koor:
Borsel jou tande twee keer 'n dag
Dit hou hul gesond en gee 'n mooi glimlag
Kom ons herhaal dit weer
Om te keer dat jou tande uitval of vrot raak
Moet jy elke dag borsel en hulle skoon maak
Tandepaste hou jou tande sterk en wit
Dis belangrik ek hoop julle onthou dit
Koor:
Borsel jou tande twee keer 'n dag
Dit hou hul gesond en gee 'n mooi glimlag
Dan lag ons elke dag
_____________________________________________________________________
Welkom mammas, pappas en maats by Afrikaans is Pret! Vir interaktiewe Afrikaanse kinderliedjies, lesse en stories het julle die regte plek gevind. As 'n besige mamma is dit moeilik om gereeld kans te kry om aan videos te werk, maar ek probeer my bes om minstens een keer 'n maand 'n nuwe video uit te bring - so subscribe asseblief aan my kanaal sodat julle kan sien wanneer ek weer iets nuut uitbring!
Julle kan my ook volg op my facebook ( tanniebianca) of Instagram ( / tannie_bianca )
Afrikaans is Pret se fokus is op gesonde ontwikkeling vir kinders en om die taal, Afrikaans, te bevorder en hoog te hou met ons jeug. Daar is so baie wonderlike engelse kinder videos op RUclips, soos Ms. Rachel en Super Simple Songs, amper te veel om van te kies... maar vir ons afrikaanse kinders is daar maar min. Ek, as 'n mamma wat net die beste vir haar kind wil hê, het toe besluit om afrikaanse videos vir kinders te maak sodat ek ander afrikaanse mammas en pappas kan help om ons wonderlike taal aan die gang te hou en seker te maak ons kinders leer, speel en geniet Afrikaans... want... AFRIKAANS IS PRET!