Vleisbeesskool: ‘Verreken veranderende omgewing’

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 15 окт 2024
  • Veeboere moet verstaan dat droogtes in siklusse voorkom en dat hulle in goeie tye die nodige voorsorg moet tref. Volgens die megaboer Mecki Schneider van Grootfontein, Namibië, lê hierdie voorsorg in goeie weiveldbestuur sodat boere oor die lang termyn beter gewapen is teen wisselvallige weerpatrone. “Dit is van deurslaggewende belang om groeikragtige weiveld met meerjarige grassoorte te hê, met sterk wortelstelsels wat met die eerste reën vinnig kan herstel. Jou doelwit moet wees om jou vee vroegtydig te verminder om met ’n jong, geneties meerderwaardige vroulike kudde uit die droogte te kom.”

Комментарии •