Beesstert met Witwyn Ep. 3- Kosmeester Kortes

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 5 сен 2024
  • Hierdie resep is grap-maklik and 'n ware plesier om te maak en eet. Gaste wat al by my geëet het, kan eenvoudig nie genoeg van hierdie epiese maaltyd kry nie. 'n Vriendin het aanbeveel dat ek hierdie gereg probeer, en ek moet beaam dat dit een van daardie geregte is wat jy in van die wêreld se heel, heel beste restaurante sal vind. My hele gesin is gaande oor hierdie gereg en dit is ook die tipe beesstert pot wat in die Somer vorentoe sal smaak, met 'n koue kelkie witwyn in die hand.
    Bestanddele:
    60 gram gans vet (of olyfolie)
    1.5kg - 2kg Beesstert
    3 Groot wortels geskil en opgekap
    4 Preie gewas en opgekap (alternatiewelik 2 groot uie)
    50 gram koekmeel
    1 bottel droë witwyn (of 'n half bottel rooi - in hierdie geval voeg aartappels ook in die pot)
    Hoenderaftreksel (om vleis mee te bedek)
    Bouquet Garni (Kruiebossie, gemaak met genoeg vars roosmaryn, tiemie en oreganum)
    Geurmiddels (Sout en Swart Peper)
    Opsioneel: Kosmeester Kortes Braaimeester Geur Vleisspeserye en die Kosmeester Kortes Knoffel & Kruie)
    Metode Sien video.
    #beestert #kosmeesterkortes #beesvleis

Комментарии • 6

  • @hendrikvanderwalt5866
    @hendrikvanderwalt5866 Год назад

    DAAI NR IS N WENNER..... ❤❤❤❤

  • @Justme0243
    @Justme0243 2 года назад +2

    Lyk heerlik!!!!

  • @HannoBecker-sq3sz
    @HannoBecker-sq3sz Год назад

    Hoeveel beesstert benodig jy vir 8-12 mense?

    • @kosmeesterkortes
      @kosmeesterkortes  Год назад +1

      1.5kg tot 2kg normaalweg of verdubbel vir 8 tot 12 mense, ek sou op so 3kg werk.

    • @hannobecker7706
      @hannobecker7706 Год назад +1

      @@kosmeesterkortes Baie dankie... ekt ingeteken by jou kanaal! Bosveld groete

    • @kosmeesterkortes
      @kosmeesterkortes  Год назад

      @@hannobecker7706 dankie. Dis Fantasties!