Baie dankie. Ek sou so graag meer volledig wou wees, soos bv die karakoel monument waarvan iemand gepraat het. Indien julle weet van sulke interessante goedjoes, stuur gerus 'n epos na praat@reispret.co.za. Daar is nog so baie wat ek graag in die toekoms sal wil opneem. Baie dankie vir die kyk.
Dankie, ek het vandag toevallig op jou SWA/NAM video's afgekom en nou die tweede een gekyk. Ek het 1961 in WHS/Windhoek matrikuleer en in ou Suidwes/Okahandja, groot geword en volgende maand/November 2024 sal ek 82 wees. Jou video het my dinge gewys waarby ekself nooit oral by uitgekom het nie, want met die lang afstande was dit meestal 'n gejaag om by 'n bestemming uit te kom. Ek woon al vanaf 2001 in New Zealand, 23 jaar. Hatseer dat soveel goed vasgeketting moet wees en soos jy noem, is van die bronsbeelde/plate darem gelukkig nognie gesteel nie, alhoewel mens weet dat dele verseker al gesteel is. Alles van die beste met jou besigheid en drink maar 'n koue Windhoek Lager vir my part ook. Andries Maritz. Dr A. Maritz.
Baie dankie. Ek waardeer die terugvoer en dis lekker om te hoor van ou Suidwesters en nuwe vriende te maak. Sterkte daar in die vreemde. Ons bly familie. 😁
Baie dankie! Ek dink nie ons het hierdie keer veel in Okahandja afgeneem nie, maar ek sal graag daar wil uitkom. Indien daar spesifieke goed is wat n mens daar kan besoek, stuur asb vir my n epos by praat@reispret.co.za Dan kan ek dit opvolg. Dankie.
Welgedaan Jan de Rower...ek hou van dit wat jy doen...hoekom nie dit doen wat jy met keetmans gedoen het...met aaaaallll die dorpe in Suidwes nie...en boekstaaf dit sommer ook met fotos...maar jy moet roer broer want ek wil die boek koop voor my uurglas leegloop...Doen so voort
@@JohanTheron-jm7lt dit sal vir my n groot plesier wees om elke dorp in Suidwes te kan besoek! Baie dankie vir die kyk. Die volgende Suidwes videos kom binnekort op. Hou maar die kanaal dop asb.
Hi,ek will net se as jy by mariental se pad gegaan kyk het jy Sal vir my kry wat elke dag 10 kilometer draf maar ek het hierdie video geniet hou aan..❤
@@metsebeth7797 Kalahari was nie deel van hierdie toer nie, maar daar kom nog n paar interessante videos in die volgende paar weke op. Swakop en Walvis ja beslis! Baie mooi.
Luderitz kry erg wind ja. Met die pad wat gereeld onder sand gewaai is. Ek wil graag weer teruggaan om Bogenfels te besoek. Ek het dit nog nie gesien nie. Hier hang n skildery daarvan by my. Iets besonders!
Yes. Afrikaans is the biggest unofficial language in Namibia. Although not recognized by the government, almost everyone can speak Afrikaans. It is used very widely.
Weet jy van die diepste cave in die wereld, Dragon's Breath Cave? Dit is ook in Namibia. "The cave contains the world's largest non-subglacial underground lake, with an area of almost 2 hectares (4.9 acres)"
Nee, ek was nie bewus daarvan nie. Ek stel al van kleins af baie belang in die Otjikotomeer en die ondergrondse tonnels daar. Dankie, sal n bietjie navorsing doen daaroor!
@@reisprettravelfun Dit sal lekker wees om meer uit te vind. Ek het op RUclips n kort doc gesien, maar bitter min mense weet van daardie grot in Namibia. Ek sal jou videos dophou. Ek kyk almal. Dankie dis heerlik. So verken mens die land.
@@franzettehandmade ek sal dit regtig baie geniet. Wanneer jy tyd het, sal jy asb vir my verduideliking stuur op praat@reispret.co.za ? Ek het nog nooit daardie grenspos gebruik nie en ek was nog nooit in Alexanderbaai nie. Dit sal n belewenis wees!
Ons kom binnekort Oranjemund toe. Sal jy asb vir my n email stuur by praat@reispret.co.za? Ek wil graag soveel moontlik plaaslike inligting kry voor sie tyd. Dankie. Christo
Dagsê. Ek moet vandag weer bieg. Ek het al in die Otjokoto meer geswem. Ek onthou die bordjie wat lees Stephanes Johanes Cook wat daar verdrink het. Dan lees ek in Esegiël van die grote van die grondgebied 1500myl ×1500 myl, dan sien ek ons land is van die Kaap tot Beitbrug 1500myl en die breedte is 1500myl dan wonder ek maar net. Rosh Pinah beteken Hoeksteen. Paternoster Onse Vader. Groete.
Dankie vir die interessante inligting. Hulle sê 'n mens moet die Bybel letterlik lees, ja. Nou is ek skoon jaloers oor daardie swem! Dit moes 'n belewenis gewees het en iets om te onthou.
@@dandanson14 I understand, but then I would not be true to the purpose of the channel, which includes broadening people from other languages' understanding and use of Afrikaans. Thank you for your contribution. I appreciate the effort that you make in understanding and enjoying the videos! Wonderful to hear from you.
Jy pla glad nie. Baie dankie vir die terugvoer. Ek sal dit graag wil besoek op ons volgende reis daarlangs. Dit is lekker as mense vir ons laat weet van nog interessante of belangrike plekke, omdat dit nie altyd so maklik is om navorsing oor alles te doen nie. Ek sit dit op ons lys. Dankie!
Baie mooi en insiggewende geskiedenis van Keetmanshoop.
Baie dankie. Ek sou so graag meer volledig wou wees, soos bv die karakoel monument waarvan iemand gepraat het. Indien julle weet van sulke interessante goedjoes, stuur gerus 'n epos na praat@reispret.co.za. Daar is nog so baie wat ek graag in die toekoms sal wil opneem. Baie dankie vir die kyk.
Danke für das Video, bald bin ich wieder in Eurem schönen Land.
Mein plesieren. Ich habe es wirklich genossen.
Dankie, ek het vandag toevallig op jou SWA/NAM video's afgekom en nou die tweede een gekyk. Ek het 1961 in WHS/Windhoek matrikuleer en in ou Suidwes/Okahandja, groot geword en volgende maand/November 2024 sal ek 82 wees. Jou video het my dinge gewys waarby ekself nooit oral by uitgekom het nie, want met die lang afstande was dit meestal 'n gejaag om by 'n bestemming uit te kom. Ek woon al vanaf 2001 in New Zealand, 23 jaar.
Hatseer dat soveel goed vasgeketting moet wees en soos jy noem, is van die bronsbeelde/plate darem gelukkig nognie gesteel nie, alhoewel mens weet dat dele verseker al gesteel is.
Alles van die beste met jou besigheid en drink maar 'n koue Windhoek Lager vir my part ook.
Andries Maritz. Dr A. Maritz.
Baie dankie. Ek waardeer die terugvoer en dis lekker om te hoor van ou Suidwesters en nuwe vriende te maak. Sterkte daar in die vreemde. Ons bly familie. 😁
Very nice to listen to this Afrikaans travel report! ❤
@@chrisbelwinds baie dankie! Thank you for enjoying it.
Het dit baie geniet. Maak aseblief 'n draai in Okahandja in. En welkom in Namibie
Baie dankie! Ek dink nie ons het hierdie keer veel in Okahandja afgeneem nie, maar ek sal graag daar wil uitkom. Indien daar spesifieke goed is wat n mens daar kan besoek, stuur asb vir my n epos by praat@reispret.co.za Dan kan ek dit opvolg. Dankie.
Pragtige deel van die aarde, nog vele dele soos ons"Skepper"vir vir ons gelos het, was nou on langs vir 4-mnde.daar. Lee's graag oor daai land👍👍
@@niekerkstrauss7776 ja. Groot dele bykans ongerepte natuur. Dankie!
Dankie .. dis so n goeie idee van jou ❤
Baie dankie.
@@reisprettravelfungreat .. ek verstaan jou passie .. dit is vir my ook n spirituele wonderwerk
@@japieclaassens3876 Dit is regtig iets besonders.
Welgedaan Jan de Rower...ek hou van dit wat jy doen...hoekom nie dit doen wat jy met keetmans gedoen het...met aaaaallll die dorpe in Suidwes nie...en boekstaaf dit sommer ook met fotos...maar jy moet roer broer want ek wil die boek koop voor my uurglas leegloop...Doen so voort
@@JohanTheron-jm7lt dit sal vir my n groot plesier wees om elke dorp in Suidwes te kan besoek! Baie dankie vir die kyk. Die volgende Suidwes videos kom binnekort op. Hou maar die kanaal dop asb.
Ek likes nog die videos, jy leer nog baie dinge.
Dankie oom Spritzkuchen😊
@@krotoagracafleermuys7254 Dis n plesier. Dankie vir die kyk.
Mooiste wereld ,baie dankie.Het altyd daar vakansie gehou.
@@friedadutoit549 ja dit is pragtig. Mense sê maklik dit is n woestyn, maar jy moet weet hoe om te kyk.
Hi,ek will net se as jy by mariental se pad gegaan kyk het jy Sal vir my kry wat elke dag 10 kilometer draf maar ek het hierdie video geniet hou aan..❤
@@markarendse-zi9qe geniet dit! Ek sal kyk as ons weer daar verbykom. Dankie.
Ons ry Woensdag op ‘n 3 weke reis na en deur Namibië 💪🏻💪🏻💪🏻 Baie opgewonde.
Sjoe dis fantasties! Julle moet dit geniet. Dis my land daai.
@@reisprettravelfun jy het voorheen so gese ja 👍🏻😅
Die 12, Kaitie, Keetmanshoop my geboorte dorp. Franco Klukowski.
@@namibianogostozo Pragtige plek!
Hi, ek wil weet of jy die Kalahari ook gaan besoek en wat van Swakop en Walvis
@@metsebeth7797 Kalahari was nie deel van hierdie toer nie, maar daar kom nog n paar interessante videos in die volgende paar weke op. Swakop en Walvis ja beslis! Baie mooi.
My pa is daar begrawe. Hy is in 2012 oorlede in die ouderdom van 74
Sjoe dis eintlik nie eens so oud nie. Ek het ook baie herrinneringe van Keetmans. Nooit self daar gewoon nie.
Hi wat was sy naam gewees ?
@@Khp1983 Hi, ek verkies om nie te se nie, want ons was vervreemd van mekaar. Dankie vir jou belangstelling. Mooi bly.
@@metsebeth7797 🙏
You forgot about the karakul monument🐐
@@xmc7189 yes I did. I would love to make that a part of the next trip.
Lekker gelag oor jou stapeltjie klippe!😅😅😅 Gaan ook een of twee pak oppad!
Ja. Ek het amper die vorige ou se luck gespoil!
Luderitz moes eintlik Windhoek genoem wees. Dis waar die wind fabriek is 😂😂😂
Luderitz kry erg wind ja. Met die pad wat gereeld onder sand gewaai is. Ek wil graag weer teruggaan om Bogenfels te besoek. Ek het dit nog nie gesien nie. Hier hang n skildery daarvan by my. Iets besonders!
Baie lieflyk!!! Do people speak Afrikaans in Keetmanshoop and Namibia? I love Afrikaans❤
Yes. Afrikaans is the biggest unofficial language in Namibia. Although not recognized by the government, almost everyone can speak Afrikaans. It is used very widely.
@@reisprettravelfun amazing !! That Afrikaans may prosper
@@julianschmahl8267 Ja. Dit is fantasties. Afrikaans sal bly voortbestaan. Baie dankie ook vir jou bydrae.
Dus lekker om weer die dorp te sien waar ek groot geword het.
Keetmans! Lyk nogal anders as n klompie jare gelede. Daardie was goeie tye.
Dankie.mnr dat u wys hoe pleke lyk in windhoek
@@AugustSwarts-je8sf dis n plesier. Dis lekker om die plekke te kan besoek en mense daarvan te vertel. Dankie vir die kyk.
Weet jy van die diepste cave in die wereld, Dragon's Breath Cave? Dit is ook in Namibia. "The cave contains the world's largest non-subglacial underground lake, with an area of almost 2 hectares (4.9 acres)"
Nee, ek was nie bewus daarvan nie. Ek stel al van kleins af baie belang in die Otjikotomeer en die ondergrondse tonnels daar. Dankie, sal n bietjie navorsing doen daaroor!
@@reisprettravelfun Dit sal lekker wees om meer uit te vind. Ek het op RUclips n kort doc gesien, maar bitter min mense weet van daardie grot in Namibia. Ek sal jou videos dophou. Ek kyk almal. Dankie dis heerlik. So verken mens die land.
want jy het by die verkeerde grens ingekom. Julle moes by Alexanderbaai grens ingekom het en Ons oulike dorpie Oranjemund kom kyk het ....
@@franzettehandmade ek sal dit regtig baie geniet. Wanneer jy tyd het, sal jy asb vir my verduideliking stuur op praat@reispret.co.za ? Ek het nog nooit daardie grenspos gebruik nie en ek was nog nooit in Alexanderbaai nie. Dit sal n belewenis wees!
Ons kom binnekort Oranjemund toe. Sal jy asb vir my n email stuur by praat@reispret.co.za? Ek wil graag soveel moontlik plaaslike inligting kry voor sie tyd. Dankie. Christo
Dagsê. Ek moet vandag weer bieg. Ek het al in die Otjokoto meer geswem. Ek onthou die bordjie wat lees Stephanes Johanes Cook wat daar verdrink het.
Dan lees ek in Esegiël van die grote van die grondgebied 1500myl ×1500 myl, dan sien ek ons land is van die Kaap tot Beitbrug 1500myl en die breedte is 1500myl dan wonder ek maar net.
Rosh Pinah beteken Hoeksteen.
Paternoster Onse Vader.
Groete.
Dankie vir die interessante inligting. Hulle sê 'n mens moet die Bybel letterlik lees, ja. Nou is ek skoon jaloers oor daardie swem! Dit moes 'n belewenis gewees het en iets om te onthou.
English would get you more likes
@@dandanson14 I understand, but then I would not be true to the purpose of the channel, which includes broadening people from other languages' understanding and use of Afrikaans. Thank you for your contribution. I appreciate the effort that you make in understanding and enjoying the videos! Wonderful to hear from you.
Jammer om te pla, maar julle het vergeet van die RWP gedenkplaat by die spoorwegstasie.Dit is opgerug as n gedenkteken van treinongelug op die stasie.
Jy pla glad nie. Baie dankie vir die terugvoer. Ek sal dit graag wil besoek op ons volgende reis daarlangs. Dit is lekker as mense vir ons laat weet van nog interessante of belangrike plekke, omdat dit nie altyd so maklik is om navorsing oor alles te doen nie. Ek sit dit op ons lys. Dankie!
Indien daar meer inligting beskikbaar is, stuur dit asb gerus vir my na praat@reispret.co.za