Die Ikoniese Orrel in NG Universiteitsoord

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 30 ноя 2024
  • Vir meer inligting kontak:
    Dr. Isabelle van Rensburg isabelle@universiteitsoord.co.za
    Flip Erasmus kantoor@unio.co.za
    Maak gerus ‘n donasie:
    NG Gemeente Universiteitsoord
    ABSA
    Tjekrekening
    Takkode 632005
    540 580 006
    Gebruik "orrel" as verwysing
    OF
    SNAPSCAN skakel: pos.snapscan.i... (Kies die opsie "Orrel")
    Die Ikoniese Orrel in NG Universiteitsoord - ’n Juweel van Pretoria se Musiekkuns:
    Ontdek die mag en majesteit van die orrel in NG Universiteitsoord, 'n simbool van ons erfenis van orrelmusiek in Suid-Afrika. Hierdie ikoniese instrument, gebou in 1967 deur die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (SAOB) in samewerking met die adviseur Boudewijn Scholten, is 'n kultuurskat vir NG Universiteitsoord, orreliste en musiekliefhebbers in Suid-Afrika.
    Met 35 registers en 3027 sprekende pype, is hierdie elektropneumatiese kegellaaiorrel volgens Professor Albert Troskie (Pyporrels in Suid-Afrika, 1992:67), die grootste van sy soort in Suid-Afrika en staan dit uit as een van die groot kerk- en konsertinstrumente.
    Orrelspel van hoogstaande gehalte geniet sedert die orrel se ontstaan die hoogste aandag met slegs drie orreliste wat in die posisie as orrelis aangestel is: Prof. Chris Lamprecht (1967-1991), Prof. Wim Viljoen (1992-2022) en Dr. Isabelle van Rensburg (2022- ). Die orrel dien nie nét as begeleiding vir gemeentesang nie, maar is óók 'n volwaardige konsertinstrument in Suid-Afrika. Met registrasie wat die Barok tot 21ste-eeuse musiek suksesvol kan aanbied, besit hierdie orrel 'n skat van klankkleure en uitdrukkingsmoontlikhede. Sedert sy ontstaan het die orrel tallose briljante orreliste betower met sy magiese klank. Marie-Claire Alain (Frankryk), Daniel Roth (Frankryk), Jacques van Oortmerssen (Frankryk) David Briggs (Engeland), en Wolfgang Zerer (Duitsland) is slegs 'n paar van die uitnemende internasionale orreliste wat gehore vermaak het. Daar word jaarliks verskeie orrelkonserte aangebied en dit word gereeld deur die musiekgemeenskap in Pretoria as ’n konsertinstrument gebruik. Verskeie orrelstudente het die orrel sedert 1967 as ’n oefeninstrument gebruik en hul eksamens afgelê.
    NG Universiteitsoord nooi u uit om deel te word van die erfenis van hierdie orrel deur 'n bydrae te maak tot die dringende restourasieprojek. U ondersteuning help om hierdie juweel van ons kultuur in sy oorspronklike glorie te herstel, sodat dit vir nog vele geslagte kan skitter.
    Kontak gerus Dr. Isabelle van Rensburg (isabelle@universiteitsoord.co.za) of Flip Erasmus (kantoor@unio.co.za) vir meer inligting oor hoe u kan help om hierdie skat te bewaar.
    Besoek ons gerus by Duxburyweg 105, Hillcrest, Pretoria, 0083
    Besoek gerus NG Universiteitsoord Konsertreeks op ons webwerf: www.universite...
    🎵 Ontdek die Orrel. Bewaar die Erfenis. 🎵

Комментарии •