Die Koninkryk is moeilik, maar lekker - Andries Enslin - 26 MEI 2019

Поделиться
HTML-код
  • Опубликовано: 12 дек 2024
  • DIE KONINKRYK IS LEKKER
    Matteus 22:1-4 (NLV) Jesus het vir hulle ook nog ander gelykenisse vertel om God se koningsheerskappy uit te beeld. So het Hy byvoorbeeld gesê: “God se koningsheerskappy is soos ’n koning wat ’n bruilofsfees vir sy seun voorberei het. Toe die fees gereed was, het hy sy slawe uitgestuur om die gaste te laat weet dat dit tyd was om te kom, maar hulle wou nie kom nie. Daarop het hy weer ander slawe gestuur met die opdrag: ‘Sê vir die gaste: My feesmaal staan gereed. My beeste en vetmaakvee is klaar geslag. Alles is reg om te begin. Kom na die bruilof!’...
    Matteus 22:9-12 (NLV) ‘Gaan staan nou op die straathoeke en nooi almal wat julle raakloop om die bruilof by te woon.’ “Toe het daardie slawe op die strate uitgegaan en elkeen saamgebring wat hulle kon kry, slegtes sowel as goeies. So het die bruilofsaal vol gaste geword. Toe die koning egter die saal binnekom om die gaste te ontmoet, merk hy iemand op wat sonder bruilofsklere opgedaag het. Daarop sê hy vir die persoon: ‘My vriend, hoe het jy dan sonder die regte klere hier ingekom?’ Maar hy kon geen verskoning aanbied nie.
    Matteus 9:35 (NLV) Jesus het deur al die dorpe en kleiner plekkies rondbeweeg. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.
    DIE KONINKRYK IS MOEILIK
    Lukas 13:23-30 (NLV) Iemand het Hom gevra: “Here, sal net ’n paar mense verlos word?”
    Hy het geantwoord: “Die deur na die koninkryk van God is nou. Werk hard om in te gaan, want baie sal probeer ingaan, maar dit nie regkry nie. Wanneer die eienaar die deur gesluit het, sal julle buite staan en aan die deur klop en smeek: ‘Here, maak vir ons oop!’ Maar Hy sal antwoord: ‘Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.’ Julle sal sê: ‘Maar ons het dan saam met U geëet en gedrink, en U het in ons strate onderrig.’ En Hy sal antwoord: ‘Ek sê vir julle, Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg, julle almal wat kwaad doen.’ “En daar sal groot gehuil en gekners van tande wees, want julle sal vir Abraham, Isak, Jakob en al die profete in die koninkryk van God sien, maar julle sal uitgegooi word. Dan sal mense van oral oor die wêreld kom om hulle feesplekke in te neem in die koninkryk van God. En onthou: party wat nou verag word, sal dan grootliks vereer word; en party wat nou grootliks vereer word, sal dan verag word.”
    KONINKRYK VAN DUALISME
    Matteus 11:12 (NLV) Vandat Johannes die Doper begin preek het tot nou toe is God se koninkryk besig om vir homself ’n pad oop te breek en mense wat al hulle kragte daarop toespits, maak dit hulle eie.
    Matteus 24:14 (NLV) “Hierdie Goeie Nuus van God se koningsheerskappy sal eers in die hele wêreld, aan al die nasies, verkondig word voordat die einde kom.”
    HOE VERKONDIG ONS DIE MOEILIKE-LEKKER KONINKRYK?
    Romeine 5:3-5 (NLV) Dis egter nie al nie - ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Комментарии •