Die Dynamities - Goeie Nuus - Deel Een
HTML-код
- Опубликовано: 10 фев 2025
- Die Dynamities is gedurende 1997 gestig en doen evangeliese uitreike en optredes by kerke, skole en jeugsaamtrekke. Hulle bediening is hoofsaaklik gerig op voorskoolse en laerskool kinders. Die groep bestaan uit laerskoolkinders van die NG Kerk Bellville-Uitsig en onder leiding van Ds Louis en Annette Minnaar gaan hulle van krag tot krag. Toere na Nelspruit in Mpumalanga en Port Elizabeth in die Oos-Kaap is al onderneem en hulle optredes by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees was met entoesiasme ontvang. Hulle optredes en CD, Dynamities -- Jesuskrag in Aksie, is so in aanvraag dat dit nou met hierdie video aangevul word.
Hierdie video is gedurende 2007 deur iSeeCreative CC vir Die Dynamities vervaardig. Om die liedjies in die video te kon gebruik, het Die Dynamities die nodige toestemming verkry en tantiemes betaal aan die kopiereghouers van die liedjies wat gebruik is.
Ontspan, skop jou skoene uit, kyk en luister lekker na die Dynamities. Hulle verkondig die Goeie Nuus van ons Verlosser en Koning Jesus die Christus, met die volgende liedjies wat hulle sing/dramatiseer.
Deel Een
Ek is Spesiaal (M vd Westhuizen)
Hy Klop By Jou (M vd Westhuizen)
My Pa is die Koning (W Gerke/M Hannes/L Ferreira)
Koning se Kind (M vd Westhuizen)