Groente ▶ Leer groente in Afrikaans!
HTML-код
- Опубликовано: 3 фев 2025
- As jy jou kind van groente wil leer is jy by die regte plek! Hierdie kort video word toegewy aan groente en ons leer die groente se name in Afrikaans. Ons maak dit pret deur die regte groente by die regte skaduwee te pas. Net soos die maatjies ook soms foute maak, maak ons ook foute en plaas die verkeerde groente op die verkeerde skaduwees. Die maatjies sal sommer dadelik hoor as dit verkeerd is. Ons lees ook die groente se naam as ons dit reggekry het. Kinders sal mal wees oor hierdie video en kan dit oor en oor kyk!
Onthou, herhaling is vaslegging, so oefen die groente se name gereeld met jou kind. Wanneer julle winkel toe gaan, vra jou kind om die vrugte en groente op hul name te noem. Ook baie belangrik om te onthou:
Klank die groente se name
Teken die groente (in die sand, op papier, in die lug! Dit help die maatjies om te onthou.)
gesels met jou kind oor hoe 'n spesifieke groente proe
As jy hou van hierdie video - "subscribe" asb. om op hoogte te bly van ander afrikaanse lessies vir kinders!
/ stegosaurus. .
Ons is ook op facebook: / stegosaurusl. .
www.stegosauruslearning.co.za